Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Maties Judo wen USSA-titel
Outeur: Pia Nänny
Gepubliseer: 03/10/2016

Maties Judo is die mees onlangse span van die Universiteit Stellenbosch om 'n Universiteitesport Suid-Afrika (USSA)-titel te wen nadat hulle koning gekraai het by die USSA-kompetisie wat die afgelope naweek by Van der Stel-sportklub aangebied is.

Hulle het teen UP-Tuks, NMMU en die Universiteit van Kaapstad (UK) meegeding om die spantitel. UKZN, die Universiteit van Johannesburg (UJ) en die Universiteit van die Vrystaat (UV) is deur individue in individuele kategorieë verteenwoordig.

Maties se Kenny van Romburgh en Petrus Loots het verskillende kategorieë in die mans se individuele kompetisie gewen, terwyl James Seccombe die 81+ kg-kategorie in die ope-kompetisie vir mans gewen het.

Van Romburgh het ook die toekenning vir die beste nuweling onder die mans ontvang, terwyl Jean-Mari du Plessis die toekenning vir die mees belowende nuweling onder die vroue ontvang het.

Maties Judo het die USSA-kompetisie tussen 2002 en 2008 oorheers en het die titel ook in 2011 gewen.

Maties-sportbestuurder Mthunzi Mashalaba het gesê hoewel Maties die titel al verskeie kere vantevore gewen het, 'n oorwinning altyd soet is.

"Dit is 'n bewys van die harde werk en toewyding van die klubkomitee, die hoofafrigter oom Jan Olivier en die studente-atlete. Ek is baie trots op hulle," het hy bygevoeg.

Olivier, wat Maties Judo al sedert 1970 afrig, is baie tevrede en gelukkig met die span se vertoning.

"Ek het geweet ons het talent, maar was nie seker oor hoe sterk die ander spanne sou wees nie," het hy gesê