Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Verslag oor 'persgesig'-voorval bekend gemaak
Outeur: Korporatiewe Bemarking / Corporate Marketing
Gepubliseer: 30/09/2016

Die verslag oor die 'persgesig'-voorval het op 26 September 2016 by die Stellenbosse Universiteitsraad gedien. Die Raad het vroeër vanjaar adv Renata Williams SC as onafhanklike kommissaris aangestel om gebeure by die Heemstedekoshuis op 4 Februarie 2016 te ondersoek. Die Raad het adv Williams se omvattende verslag – met kritiek en aanbevelings - met dank aanvaar, en ook kennis geneem dat die Universiteitsbestuur reeds aandag gee aan leemtes wat in die verslag uitgewys word.  Die Raad het ook gelet op die Persombud se opmerkings dat eensydige beriggewing in die media verder tot die ongelukkige gebeure bygedra het.