Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Wilhelm Mulder Zaayman
Ontmoet Wilhelm Mulder Zaayman: #MyTygerMaties60
Outeur: FMHS Marketing & Communications
Gepubliseer: 23/09/2016

​As deel van ons 60ste vieringe, stel die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 60 toekomstige gesondheidsorgwerkers bekend wat tans eerstejaars is. Ontmoet Wilhelm Mulder Zaayman.

Wilhelm Mulder Zaayman droom daarvan om eendag ’n gerespekteerde fisioterapeut te wees en die lewens van kinders met gestremdhede positief aan te raak.

“Ek wou graag ’n beroep volg wat my sou toelaat om die grootste verskil te maak wat ek kan, en fisioterapie sal my die geleentheid gee,” sê hy oor sy besluit om BSc Fisioterpaie aan die Universiteit Stellenbosch te studeer.

Zaayman, ’n eerstejaarstudent en Huis Kerkenberg-inwoner van Upington, sê hoewel die afgelope jaar uitdagend was, dit sy universiteitsverwagtinge oortref het. Hy sê die beste deel van kampuslewe is die mense wat hy ontmoet en die nuwe vriendskapsbande wat gesmee word, selfs al is dit moeilik om vir lang tye van die huis af weg te wees.

Hy beskou sy ma as sy beste vriend en sê sy is ’n rolmodel vir sukses. “Sy het ’n wonderlike werk, ’n goeie hart en het alles in haar vermoë gedoen om te verseker dat sy alles insit.”

Hy glo ’n balans tussen sosiale- en akademieseverpligtinge is belangrik. Hoewel hy graag dans, daagliks draf en flieks kyk vir ontspanning, is sy raad aan studente om gedissiplineerd met hul tyd om te gaan. “Speel hard, maar werk selfs harder!”

Het jy geweet…

  • Hy is gek oor Chinese kos en kook selfs sy eie lemoen-hoender-roerbraai.
  • Hy het sy hoërskoolonderrig in Amerika voltooi.
  • Tydens sy studie-pouses hou hy sy eie “intense 30-sekondes danspartytjies”.
  • Sy gunsteling kunstenaars is Adele en Beyoncé.
  • Hy sal eendag ’n professor wil wees sodat hy die kennis wat hy insamel met ander kan deel.