Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Susan van Eeden
Ontmoet Susan van Eeden: #MyTygerMaties60
Outeur: FMHS Marketing & Communications
Gepubliseer: 14/09/2016

As deel van ons 60ste vieringe, stel die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 60 toekomstige gesondheidsorgwerkers bekend wat tans eerstejaars is. Ontmoet Susan van Eeden.

Susan van Eeden het ’n passie vir mense en om ander te help, en dis om hierdie rede wat sy graag die graad B in Spraak-Taal- en Gehoorterapie wil voltooi. “Ek dink dit sal my toelaat om ’n sinvolle loopbaan te volg,” sê sy.

​Van Eeden het verlede jaar met agt onderskeidings gematrikuleer van Hoërskool DF Malan in Belville en is nou ’n eerstejaarstudent aan die Universiteit Stellenbosch.

​Sy sê sy is opgewonde om al die vaardighede te leer wat haar stappie-vir-stappie nader bring om haar droomwerk te kan doen. “Dit motiveer my om te dink dat alles wat ek in die kursus leer besig is om my toe te rus om ander mense eendag te kan help.”

​Sy glo daarin om selfs die kleinste geleenthede aan te gryp en probeer om by Steve Jobs se gesegde “Bly honger. Bly laf,” te leef. “Vir my beteken dit om altyd gretig te bly, myself te druk, reg te staan om nuwe dinge aan te pak en die dinge waarvoor ek lief is, na te jaag.”

​En dít is presies wat sy doen.

Het jy geweet…

  • Haar beste eienskap is haar vrolike geaardheid.
  • Her slegste gewoonte is dat sy haar naels byt.
  • Tigger van Winnie the Pooh-faam is haar gunsteling TV-karakter. “Hy het altyd so baie geesdrif en sy vreugdevolheid is aansteeklik.”
  • Sy bak graag enigiets van fudge tot koekies, en sê haar verskuilde talent is dat sy ’n kunstige kant het.