Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Natuurwetenskappe is op en wakker
Outeur: Media & Communication, Faculty of Science
Gepubliseer: 25/08/2016

Personeellede van die Fakulteit Natuurwetenskappe is getrakteer op gratis nek- en skouer- masserings, gratis joga- en pilatessessies, gesondheidsmonitering, inligtingsessies en 'n pretloop tydens die jaarlikse Welwees-inisiatief dag van Donderdag 18 Augustus 2016.

Die aktiwiteite het deel uitgemaak van die US se Welweesprogram, en is in samewerking met Discovery Health en die Maties Gimnasium aangebied. Hulle doel was om so veel as moontlik personeellede te betrek, hulle uit hul kantore te kry en aktief te wees, verduidelik menslike hulpbronpraktisyn, me. Marzelle Benade.

Personeel van die Departement Chemie en Polimeerwetenskappe het die voortou geneem as die departement met die meeste deelnemers aan die dag se aktiwiteite, terwyl die huidige dekaan van Natuurwetenskappe, prof. Louise Warnich, sowel as die voormalige waarnemende dekaan, prof. Doug Rawlings, aan die 4 km-pretloop deelgeneem het. Die roete het gestrek vanaf die AI Perold-gebou, deur die Jan Marais Park en terug.

Ná die pretloop is die wenners van die gelukstrekking aangekondig: prof. Emile van Zyl, prof. Bali Sishi en dr. Carla Pretorius het elk onderskeidelik een, twee en drie maande se gratis lidmaatskap van die Maties Gimnasium gewen. Me. Welma Maart en me. Grazelda Simon het beide kontantbewyse van Food Lover's Market gewen, terwyl me. Lynne du Toit, me. Crystal Hendrickse en dr. Sonia Fidder-Woudberg geskenkpakkies met gesonde snoepgoed gewen het.

B2_Wellnessday18Aug2016 129.jpg

Agter, van Maties Gimnasium, mnr. Conrad Human (verkoopsbestuurder), me. Gretchen Bickerstaff (verkoopskonsultant), me. Annelize Adams (gimnasium bestuurder) en mnr. Francois Kotzé (hoof: fiksheid en welwees). Voor, van die Fakulteit Natuurwetenskappe), dr. Sonia Fidder-Woudberg, prof. Louise Warnich, me. Marzelle Benade, me. Lynne du Toit en me. Welma Maart. Foto: Wiida Fourie-Basson