Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
USB se Top MBA-student vir gesogte toekenning genomineer
Outeur: USB Marketing & Stakeholder Relations
Gepubliseer: 21/06/2016

Dr Renata Schoeman, die USB se Top MBA-student vir 2015, is benoem as ʼn finalis vir die Sakevrou van die Jaar-toekennings, wat deur die Businesswomen’s Association of South Africa (BWASA) aangebied word. Die wenner word op Vrydag, 26 Augustus aangekondig. 

Die jaarlikse toekennings gee erkenning aan goeie leierskap en bydrae van Suid-Afrikaanse vroue wat uitblink in verskeie sektore van die land se ekonomie.

"Die toekennings bring hulde aan uitsonderlike vroue en plaas die klem op hul onderskeie bydraes om ander te inspireer om in hul voetspore te volg," sê BWASA-voorsitter, Farzanah Mall. 

"Deur middel van verskeie programme, insluitend hierdie toekennings, is ons besig om vroue aan te moedig om hul vaardighede te verbeter, hulle volle potensiaal te erken en om ʼn aktiewe rol te speel om Suid-Afrika se sosio-ekonomiese toestande te verbeter."