Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Leer meer oor Suid-Afrika se toekomsby die USB
Outeur: USB
Gepubliseer: 14/06/2016

​Die USB bied op Woensdag, 22 Junie ʼn Alumni-werkwinkel oor die toekoms van Suid-Afrika aan. Hierdie interaktiewe werkwinkel word aangebied deur die USB se prof André Roux​. ​

Meer oor die werkwinkel
Die hoofdrywers van Suid-Afrika se toekoms word tydens die werkwinkel bespreek deur te kyk na globale, streeks- en plaaslike tendense binne die kontekstuele omgewing. As deel van die leerproses, word almal wat bywoon aangemoedig om aktiewe deelnemers te wees en ervaringe te deel.

Meer oor die aanbieder
Prof André Roux is hoof van die Toekomsstudies-programme en professor in Bestuursekonomie en Risiko-ontleding van Afrika-lande by die USB. Prof Roux het ’n PhD in Ekonomie van die Universiteit Stellenbosch. Sy werk is wyd gepubliseer in boeke en vaktydskrifte en hy het al talle referate by plaaslike en internasionale konferensies gelewer.