Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US neem deel aan AC 21 Internasionale Forum in Duitsland
Outeur: Postgraduate & International Office
Gepubliseer: 18/05/2016

Die Universiteit Stellenbosch (US) is weereens gekies om op die bestuurskomitee van die AC 21 - Akademiese Konsortium vir die 21ste eeu te dien. Die aankondiging is gemaak by die 2016 AC21 Internasionale Forum wat by die Chemnitz Universiteit van Tegnologie (TU Chemnitz) in Duitsland vanaf 29 April - 3 Mei 2016 gehou is. US, die enigste universiteit uit Afrika in die netwerk, het die tweejaarlikse vergadering in 2014 aangebied. Die konsortium bestaan uit 19 universiteite vanaf Australië , China, Frankryk, Duitsland, die VSA, Thailand, Indonesië, Japan, Nieu-Seeland en Lao People's Demokratiese Republiek. Die bestuurskomitee neem strategiese besluite oor die ontwikkeling van die konsortium.

 Meer as 120 gaste van AC 21 lidinstellings en belangegroepe het deelgeneem aan die forum waar gekyk is hoe innovasie netwerke die samelewing  deur middel van wetenskap kan  transformeer. US is by forum deur prof Wim de Villiers, rektor en visekanselier, Robert Kotzé, senior direkteur: Nagraadse & Internasionale Kantoor en Anita Nel, senior direkteur: Innovasie en Besigheidsontwikkeling, verteenwoordig. Hulle het aanbiedinge  gemaak oor  navorsing uitnemendheid, innovasie en internasionalisering by die US.

Prof de Villiers het aan 'n paneelbespreking saam met prof Seiichi Matsuo, president van Nagoya Universiteit (Japan) en prof Julie Owens, pro-visekanselier vir Navorsingstrategie aan die Universiteit van Adelaide (Australië) deelgeneem.  By die gesprek getiteld  'Voortreflike navorsing en navorsingsoordrag'  het hy gepraat oor SU se "drie-eenheid van wetenskaplike uitnemendheid, sosiale relevansie en oordrag. Laasgenoemde gaan oor wat uit navorsing kom en hoe kennis oor navorsingsresultate aan gemeenskappe gekommunikeer word.  

Vanjaar se AC 21 Internasionale Forum het met die 180 herdenking van die TU Chemnitz saamgeval. Afgesien van konsortium vergadering  is onderwerpe  oor studente mobiliteit, personeeluitruile en tendense in internasionale hoër onderwys ook by die byeenkoms bespreek. As deel van die program was daar ook 'n uitgebreide besoek aan TU Chemnitz se bedryfsvennote waar samewerking met universiteit-industrie as middel vir  transformering van die samelewing uitgelig is.

Multilaterale konsortiums soos AC 21 verbeter SU se bilaterale aktiwiteite. Die volgende lidinstellings (in vetdruk uitgelig) is van die bilaterale samewerkings wat ontwikkel is sedert US by die konsortium aangesluit het.

AC 21 lede : Die Universiteit van Adelaide , Jilin Universiteit , Nanjing Universiteit , Northeastern University , Peking Universiteit , Shanghai Jiao Tong Universiteit , Tongji Universiteit Sjanghai , Universiteit van Strasbourg, TU Chemnitz, Universiteit van Freiburg , Gadjah Mada Universiteit , Nagoya Universiteit , die Nasionale Universiteit van Laos , Universiteit van Canterbury , Universiteit Stellenbosch , Chulalongkorn Universiteit , Kasetsart Universiteit , North Carolina State University en die Universiteit van Minnesota .

Foto: Die US se Robert Kotzé, senior direkteur: Nagraadse & Internasionale Kantoor (tweede van regs) tydens 'n gesprek by die 2016 AC21 Internasionale Forum