Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ondersteun asb. FGGW-fondsinsameling
Outeur: Prof Jimmy Volmink
Gepubliseer: 21/04/2016

​Sosiaal-ekonomiese ongelykheid, een van die grootste uitdagings vir Suid-Afrika, is onlangs in die kollig geplaas deur die aksies van studente regoor die land. As deel van ons volgehoue pogings om die visie van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) te verwesenlik, bevorder ons aktief toegang tot onderrig van hoë gehalte en werk ons hard om studentesukses te verseker. Só lei ons vaardige gesondheidswerkers op wat op hulle beurt ander se lewens help verbeter en bydra tot 'n beter samelewing.

In reaksie op die wesenlike en groterwordende behoefte aan finansiële ondersteuning van ons studente, het die fakulteit onlangs die FGGW Beurs- en Leningsfonds (FGGW Fonds) geskep. Die ondersteuning wat uit dié fonds gebied word, is bykomend tot bystand wat reeds deur die universiteit gebied word en dit word hoofsaaklik beskikbaar gestel aan studente wat nie vir finansiële ondersteuning uit ander bronne kwalifiseer nie. Die FGGW Fonds dien spesifiek ook as 'n bron van noodleniging vir studente wat die risiko loop om van verdere studies uitgesluit te word weens hulle onvermoë om hul skuld te vereffen.

Ons fakulteit word nou deur die werklikheid in die gesig gestaar dat beduidende hoeveelhede studente wat akademies suksesvol is, waarvan baie reeds ander vorms van ondersteuning ontvang, steeds nie in die posisie is om hulle skuld te vereffen nie. Sommige van hierdie studente is besig met hulle voorlaaste of laaste jaar van studies en is van werk verseker wanneer hulle graad kry, maar hulle sukkel steeds om toegang tot beurse en lenings te kry. Die FGGW het reeds geld uit sy eie bronne beskikbaar gestel om die fonds 'n hupstoot te gee, maar ongelukkig is dit nie genoeg om aan die voortdurende behoefte vir finansiële steun te voldoen nie.

As deel van die herdenking van ons fakulteit se 60ste bestaansjaar vanjaar, bevorder ons spesifiek die kultuur van gee en deel wat reeds op ons kampus bestaan en waarvoor Tygermaties welbekend is.

Ek wil graag 'n opregte beroep op u doen om 'n skenking aan ons fonds te doen.

U kan 'n direkte oorplasing doen deur die volgende bankbesonderhede te gebruik:

Naam van organisasie: Universiteit Stellenbosch
Bank: Standard Bank
Tak: Stellenbosch
Takkode: 050610
Rekeningnaam: US Depositorekening
Rekeningnommer: 073006955

U kan ook 'n kredietkaartbetaling doen deur op die volgende skakel te kliek: http://t2000-05.sun.ac.za/donorPay/faces/formAlumniMain.jspx. Maak asseblief seker dat u 'Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Beursfonds (H755)' kies onder die opsie My skenking moet aangewend word vir.

Gebruik asseblief die kostepuntnommer H755 as die verwysing vir inbetalings. 

Skenkings is belastingaftrekbaar en u kan u bewys van betaling aan Joan Weyers by +27 21 808 3026 of +27 865 695 372 of jhs1@sun.ac.za stuur vir ʼn belastingsertifikaat. 

Korporatiewe skenkings kan deur middel van ʼn maatskappy se beleid oor korporatiewe maatskaplike belegging, 'n borgskap of 'n filantropiese skenking geskied. (LW: Filantropiese skenkings hou belastingvoordele in.) Ons ontwikkelingspersoneel sal u oor die belastingimplikasies van elk van hierdie strategieë adviseer en hulle kan geskakel word by +27 21 808 9262. 

Baie dankie vir u voortgesette betrokkenheid by, en u ondersteuning van ons fakulteit. Elke bydrae, ongeag van die grootte, sal opreg waardeer word en ʼn reuse verskil maak.

Vriendelike groete


Prof Jimmy Volmink
Dekaan