Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US gasheer vir historiese vergadering van numeriese en toegepaste wiskundiges
Outeur: Nick Hale
Gepubliseer: 05/04/2016

Die eerste SANUM* vergadering het in 1975 plaasgevind toe twee prominente wiskundiges, Prof. Lothar Collatz (1910-1990) van Duitsland en Dr Fritz John (1920-1994) van die Verenigde State van Amerika, Suid-Afrika tegelykertyd besoek het.

'n Paar plaaslike navorsers het die geleentheid gebruik om 'n vergadering byeen te roep by die eertydse Universiteit van Natal, waartydens 'n totaal van tien akademiese artikels voorgedra is. Hiervandaan het die vergadering met rasse skrede gegroei, met verskeie bekende numeriese en toegepaste wiskundiges wat dit oor die jare bygewoon het.

Benewens die een jaar (1996) waarin dit nie plaasgevind het nie, en die enkele geleentheid (1997) waar dit slegs as 'n spesiale sessie plaasgevind het tydens 'n groter konferensie, is die vergadering sedertdien jaarliks gehou. Dit beteken dat hierdie belangrike geleentheid op die kalender van Suid-Afrikaanse numeriese en toegepaste wiskundiges vanjaar (2016) vir die 40ste keer plaasgevind het.

Die organiseerder van die heel eerste SANUM vergadering, Prof. Gerhard Joubert van die Tegniese Universiteit vam Clausthal, het ook hierdie geleentheid bygewoon en het die toespraak na afloop van die dinee gemaak. Prof. Joubert is ook 'n US wiskunde-alumnus.

Die 2016-organiseerders was dr. Nick Hale, prof. Ben Herbst en prof. André Weideman, almal verbonde aan die Afdeling Toegepaste Wiskunde by die Universiteit Stellenbosch.

Die 2017 vergadering sal by die Universiteit van die Witwatersrand gehou word.

*South African symposium of Numerical and Applied Mathematics (SANUM) http://sanum.github.io