Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Transformasiekantoor hou gesprekke oor Menseregte
Outeur: Corporate Marketing/ Korporatiewe Bemarking
Gepubliseer: 16/03/2016

Die viering van Menseregtedag is 'n belangrike geleentheid vir Suid-Afrikaners om oor die kritiese betekenis van die Handves van menseregte te besin. Een van dié regte is die reg tot waardigheid, wat as een van die hoekstene in Seksie 10 van die Grondwet beskou word.

In haar lesing, "Human Rights – And Dignity for All?" het Prof Pumla Gobodo-Madikizela, is sy versigtig optimisites oor die vermoë van die waardes van die Grondwet om die ernstige uitdagings van ongelykheid aan te spreek.

"Nie net moet dié kwessies aangeroer word nie, maar moet dit ook die reg tot mensewaardigheid vir die meerderheid Suid-Afrikaners ondersteun."

Gobodo-Madikizela, houer van die Navorsingsleerstoel vir Sosiale Verandering en Transformasie aan Stellenbosch Universiteit, het dié lesing gelewer tydens een van die reeks Transformasie gesprekke van die Transformasie Kantoor.

"Ons benodig 'n nuwe raamwerk waarbinne ons kan gesels oor die wesentlike aanvalle op die mensewaardigheid van gemarginaliseerde Suid-Afrikaners.'n Waardevolle tree in dié rigting sal wees om armoede as geweld te herdefinieer.  Armoede is 'n geweldadige aanval op die waardigheid van baie Suid-Afrikaners," sê Gobodo-Madikizela.

"Om op die manier oor die uitdagings van ongelykheid en die armoede wat daaruit spruit, te besin, werp die lig op wie die werklike oortreders van die geweld is – die politieke leiers wat, die afgelope twee dekades, bitter min gedoen het om armoede te verlig."

Vanuit haar studies van Holocaust-oorlewendes en -nageslagte, verduidelik sy hoe die pyn van vergrype van menseregte uit die verlede oorgedra word aan die post-apartheid generasie.Sy sê dit kan nie net weg gewens word nie deur te sê "vergeet nou daarvan". 

"Ewe merkwaardig binne die Suid-Afrikaanse konteks, is hierdie gapende gat van leegheid in meeste Suid-Afrikaners se lewe, die voorslepende aanvalle op die mensewaardigheid en gevoelens van skaamte en vernedering wat dit uitlok."

Prof Pumla Gobodo-Madikizela is die houer van die Navorsingsleerstoel in Sosiale Verandering en Transformasie. Sy beklee ook die SARChI navorsingsleerstoel vir Historiese Trauma en Geheue en 'n navorsingsvennootskap met die Universiteit van die Vrystaat.