Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Rektor vereer Top-100 voederskole
Outeur: Centre for Student Recruitment and Career Advice
Gepubliseer: 14/03/2016

Op Saterdag, 12 Maart 2016, het die Sentrum vir Studentewerwing en Loopbaanadvies gasheer gespeel tot die Wes-Kaapse skoolhoofde van die Top-100 voederskole vir 'n ontbyt by STIAS. Die oggend het geleentheid skep vir die Universiteit om die belangrike rol wat skole speel, as die inset tot ons uitnemendheid pyplyn, te erken. Die Rektor en Visekanselier, Prof de Villiers, het elke skool wat die funksie bygewoon het met 'n sertifikaat toegeken wat hul konsekwentheid (oor 'n tydperk van 5 jaar) in die lewering van uitsonderlike akademiese talent vir toelating tot voorgraadse programme aan die Universiteit te vier.

Die skoolhoofde is nie net bederf met 'n heerlike ontbyt en toegang tot een van die vele vertonings by die Woordfees nie, maar het ook die geleentheid gehad om te netwerk met hul eweknieë en dekane van 3 fakulteite. Daarbenewens het, Mnr. Elvis Nyasha Mare, 'n derdejaar student wat ingeskryf is vir die BCom Bestuurswetenskappe program aan die US, en 'n matrikulant van een van die Top-100 skole, sommige van sy gedagtes gedeel in verband met die tema: "As my hoof net geweet het".

"Elke uitsonderlike leerder benodig 'n omgewing wat hom ondersteun, uitdaag en blootstel aan nuwe werklikhede. Hierdie omgewings word geskep deur visioenêre skoolhoofde en passievolle opvoeders. Die Sentrum vir Studentewerwing en Loopbaanadvies wil erkenning gee aan opvoeders vir wie onderwys 'n roeping is. Ons besef dat ons mekaar nodig het as ons die stelsel op 'n sinvolle manier wil impakteer. Geleenthede soos hierdie bied platforms waar ons wedersyds voordelige verhoudings kan vestig, instandhou en bevorder," sê dr Gillian Arendse (SSW: Verhoudingsbestuur).