Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Eerste PhD student van die SSML gradueer
Outeur: Megan Bruwer
Gepubliseer: 11/03/2016

Claudia Struwig is die eerste PhD kandidaat van die SSML wat in Maart 2016 sal gradueer by die Stellenbosch Universiteit gradeplegtigheid. Claudia het ʼn agtergrond in Bedryfsingenieurswese, maar het haar nagraadse studies deur die Departement Siviele Ingenieurswese by die Universiteit Stellenbosch voltooi met eers ʼn Meestersgraad, en toe ʼn PhD in Vervoerwese wat spesifiek op Intelligente Vervoer Stelsels (ITS) gefokus het.

 

Haar PhD skripsie, getiteld: Management by Measurement –a Performance Management Approach for Assessing Intelligent Transport Systems Projects in South Africa, het ʼn omvattende prestasiemeting bestuursraamwerk vir die assessering van vervoertegnologie projekte oorweeg. Besondere fokus is gegee aan die projekte wat in die Suid-Afrikaanse vervoer omgewing uitgevoer word.

 

Huidige benaderings vir die meet van projekprestasie is dikwels modulêr en teenstrydig, en dus nie in staat om 'n holistiese beeld en ware weerspieëling van die gesondheid van ʼn projek te verskaf nie. Uitgebreide verifikasie en validasie prosesse is uitgevoer binne die konteks van die projek lewensiklus, met spesifieke aandag gegee aan volhoubare implementering in die ontwikkelende land omgewing. Sy het daarin geslaag om verskeie oënskynlike onsamehangende en diverse navorsingsvelde te kombineer, tesame met multi-kriteria besluitneming beginsels, om 'n omvattende prestasiemeting struktuur te vestig om deurlopende bestuur en meting van vervoertegnologie projekte moontlik maak.

 

Die metode wat voortgesit word, in die vorm van die beoogde prestasie bestuur hulpmiddel, kan: 1) uitvoerende liggame help om die nodige kennis te verkry om maklik dag-tot-dag ingeligte besluite te kan maak met betrekking tot die (algemene) prestasie van hul onderskeie stelsels; en 2) hulp besluitmakers met deurlopende assessering van beleggings in vervoer tegnologie.