Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Dr. Paul Hills – pas gekose SAAB-president
Outeur: C van der Vyver
Gepubliseer: 24/02/2016

Die onlangse 42ste Jaarkongres van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Botaniste (SAAB), wat in Januarie by die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein aangebied is, was ʼn samekoms van plantwetenskaplikes van nasionale en internasionale aansien. Die tema van die kongres was "Biodiversiteit: Die verlede, hede en toekoms" en het aan botaniste die geleentheid gebied om byeen te kom en idees oor huidige navorsingsontwikkelings in plantwetenskappe te deel. By die vergadering is dr. Paul Hills as die nuwe visepresident van die SAAB verkies. Volgens die SAAB se grondwet beteken dit hy is die pas gekose president en sal in 2017 en 2018 as president dien.

Dr. Hills is by die Instituut vir Plantbiotegnologie, Universiteit Stellenbosch, gebaseer. Hy is ʼn plant- molekulêre fisioloog, en werk hoofsaaklik met plante en hul reaksie op omgewingswenke en hoe dit hul groei en ontwikkeling op molekulêre vlak reguleer. Dr. Hills dien reeds vir die afgelope vyf jaar as tesourier van die SAAB Raad. Sy termyn as president sal vanaf die volgende SAAB-kongres begin, wat volgende jaar in Januarie gesamentlik deur die Universiteit van die Wes-Kaap en die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie aangebied sal word. Ons wens dr. Hills geluk met die nuwe aanstelling en wens hom die beste toe met hierdie nuwe verbintenis.