Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Uitnodiging: Steven Robins se Letters of Stone bekendstelling
Outeur: Lynne Rippenaar-Moses
Gepubliseer: 12/02/2016

Penguin Random House nooi u uit na die bekendstelling van Letters of Stone deur Steven Robins en die uitstalling 'The Chair' deur Greer Valley.

In Letters of Stone reis Steven Robins op die spoor van sy pa se familie in suidelike Afrika, Berlyn, Riga en Auschwitz.

Prof Steven Robins van die Departement Sosiologie en Sosiale Antropologie sal in gesprek wees met prof Kees van der Waal, ook van dieselfde departement. 

Datum: 16 Februarie 2016

Tyd: 16:00

Plek: Sasol Kunsmuseum, Ryneveldstraat 52, Stellenbosch

RSVP: lbrown@penguinrandomhouse.co.za | 011 327 3550

​Greer Valley, 'n kurator van die Departement Visuele Kunste by die Universiteit Stellenbosch, sal oor haar nuwe uitstalling 'The Chair' praat. Temas in haar uitstalling het onvoorsiene ooreenkomste met Letters of Stone.

Let wel: Hierdie praatjie sal net in Engels aangebied word.