Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
2016 Opedag program beskikbaar
Outeur: Centre for Student Recruitment and Career Advice
Gepubliseer: 03/02/2016

2016 OPEDAG PROGRAM

Die Maties Opedag word beskou as die ideale geleentheid vir Graad 11 en 12-leerders om waardevolle inligting te bekom oor universiteitstudie, loopbaankeuses, beurse en lenings; studentegelde; koshuisplasing, sportgeleenthede, akkommodasie, verenigings, die studentelewe en vele meer.

Inligtingsessies

By die Opedag kan leerders en hul ouers algemene inligtingsessies oor onder meer aansoek tot toelating in 2017 bywoon en kan hulle die onderskeie fakulteite vir meer inligting besoek. Diegene wat belangstel in sport kan ook meer uitvind oor Maties Sport by die grasperk op die Rooiplein.

ʼn Goeie beginpunt vir die Opedag is die verwelkomingstent voor die US se Konservatorium in Victoriastraat. Kyk uit vir verskeie inligtingsbeamptes in maroen T-hemde wat by verskillende punte op kampus diens sal doen om inligting en rigtingaanwysings te verskaf.

Pendelbussies ry van die Stellenbosch-kampus na die Tygerbergkampus en terug vir leerders en hul ouers wat albei kampusse wil besoek – besprekings hiervoor is egter noodsaaklik.

Die Opedag begin om 08:30 en duur tot 16:00. Vir meer inligting besoek MatiesFanPage, of skakel ons by 021 808 9111, e-pos info@sun.ac.za.

Fakulteitsprogramme: 

Additionele fakulteitsprogramme is beskikbaar vir studente wat belangstel in Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Ingenieurswese en Sportwetenskappe.

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (Tygerberg Kampus)
Ingenieurswese
Sportwetenskap