Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Beplan jy ’n loopbaan in die natuurwetenskappe?
Outeur: Media & Communication, Faculty of Science
Gepubliseer: 01/02/2016

Die Maties Ope Dag op Saterdag 27 Februarie 2016 is die ideale geleentheid vir Graad 11- en 12-leerders om waardevolle inligting oor universiteitstudies en beroepskeuses in te win.

Indien jy in 'n loopbaan in die natuurwetenskappe belangstel, moet jy verseker die Fakulteit Natuurwetenskappe se uitstalling in die J.C. Smuts Gebou besoek.

Hier sal jy eerstehands met akademiese personeel en nagraadse studente kan gesels en meer oor ons voorgraadse BSc programme uitvind (sien diagram heel onder)

Ouers en leerders word uitgenooi om die geskeduleerde inligtingsessies by te woon vir 'n oorsig van ons programme en ander bruikbare inligting

Vir meer inligting, besoek http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=3301

Die diagram hieronder is 'n voorstelling van die programme en strome vir 'n BSc-graad in die volgende drie velde: Biologiese, Fisiese en Wiskundige Wetenskappe. Die verskeie programme en hul addisionele strome, waar toepaslik, word in die blokke onder die Biologiese, Fisiese en Wiskundige Wetenskappe uiteengesit.

Natwetprogramme.jpg