Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Innovasie, 21ste-eeuse vaardighede onder die soeklig op Afrikadag
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Gepubliseer: 27/05/2024

Afrikadag is op 25 Mei herdenk. Ter viering van hierdie belangrike dag op ons kalender, het prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier, en prof Hester Klopper, Viserektor: Strategie, Globale en Korporatiewe Sake, artikels geskryf waarin hulle op sleutelkwessies kwessies wat vir Afrika van belang is gefokus het.

Prof De Villiers het die punt gemaak dat dit noodsaaklik is om ʼn dinamiese opvoedkundige omgewing te skep wat studente van Suid-Afrika en die res van Afrika kan toerus met die vaardighede en kennis wat nodig is om in die 21ste eeu te floreer. Prof Klopper het in haar artikel gewys op hoe die die Afrika-unie (AU) en die Europese Unie (EU) se Innovasie-agenda kan help om van die vasteland se dringendste uitdagings op te los. Dit sluit onderwys, gesondheid, klimaatsverandering, regering en volhoubare ontwikkeling en vele meer in. Klik op die skakels hier onder om die vertaalde weergawes van die artikels te lees.

Foto deur Gabriel Vasiliu by Unsplash