Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Universiteit Stellenbosch is eerste Afrika-instelling wat voedselvolhoubaarheid met koolstofnasporingsagteware dryf
Outeur: Innovus
Gepubliseer: 26/04/2024

​Die Universiteit Stellenbosch (US) se voldoenings- en spysenieringskantoor het 'n vennootskap met die Sweeds-gebaseerde afwentelmaatskappy Klimato aangegaan om 'n meer bewuste benadering tot maaltydvoorbereiding en -seleksie onder personeel en studente te bevorder. Die US is die eerste instituut in Afrika wat Klimato se koolstofvoetspoorsagteware gebruik. Die projek is een van vele inisiatiewe wat SUNCOM, die US se kommersiële kantoor, implementeer as deel van sy langtermynstrategie om koolstofvrystellings te verlaag en volhoubare praktyke binne sy bedrywighede aan te moedig.

Voedselproduksie is verantwoordelik vir 'n kwart van die wêreld se totale kweekhuisgasvrystellings1 as gevolg van verskeie boerderypraktyke, voedselverwerking, visserye en gewasproduksie. Gevolglik het ons voedselverbruik 'n direkte impak op klimaatsverandering weens die koolstofvrystellings wat die produksie van verskillende bestanddele veroorsaak.

Klimato se sagteware bereken die koolstofvoetspoor van maaltye en bestanddele en vergelyk dit met 'n landspesifieke databasis. Deur hierdie instrument te gebruik, kan die US help om klimaatsverandering aan te spreek deur studente en spysenieringsdiensverskaffers bewus te maak van die omgewingsimpak van die kombinasie van bestanddele in die maaltye wat op ons kampus bedien word. Die  US se Voldoenings- en Spysenieringskantoor hoop om hierdeur waardevolle bydraes tot die voedsel- en bestanddeledatabasis te lewer wat die aanvaarding van klimaatbewuste maaltydvoorbereiding en -keuses binne die kampusgemeenskap sal aanmoedig.

"Om ons verbintenis tot volhoubaarheid te bevestig, prioritiseer ons inisiatiewe om die omgewing te bewaar, sosiale verantwoordelikheid te bevorder en ekonomiese lewensvatbaarheid vir toekomstige geslagte te verseker. Deur ons gesamentlike pogings binne die SUNCOM-afdeling streef ons daarna om ons koolstofvoetspoor te verminder, hernubare energie-oplossings te implementeer, en afvalgenerering tot die minimum te beperk," sê Bennie Malan, hoof van SUNCOM se voldoenings- en spysenieringskantoor.

Vroeër vanjaar het SUNCOM berig dat 806 693 maaltye vanaf Januarie 2023 tot Desember 2023 aanlyn bespreek is. So 'n groot aantal maaltye wat voorberei word, bevestig weer die behoefte aan 'n meer volhoubare benadering tot voedselvoorbereiding en -seleksie, met die doel om die omgewingsimpak te verlaag.

Volgens Malan toets hulle op die oomblik die Klimato-instrument op kampus in drie koshuisvoorbereidingskombuise. Wanneer ons die sagteware oor die hele kampus geïmplimenteer het, beoog ons om:

  • die omgewingsimpak van verskeie spyskaartopsies aan studente te demonstreer en hulle te bemagtig om meer volhoubare keuses te maak;
  • maaltydresepte te verbeter om laer koolstofvrystellings te produseer;
  • data te lokaliseer om by die Klimato Suid-Afrikaanse databasis te voeg;
  • die wydverspreide aanvaarding van hierdie of soortgelyke sagteware aan te moedig; en
  • 'n vermindering in die koolstofvrystellings moontlik te maak wat geproduseer word deur die spysenieringsdiensverskaffers wat deur die volkomings- en spysenieringskantoor aangestel is.

Malan en sy span werk nou saam met die US se aangestelde spysenieringsdiensverskaffers tydens die toetsfase om hierdie hulpmiddel te doeltreffend aan te wend en die bestanddele in hul maaltydopsies bewustelik aan te pas.

Deur impakvolle samewerking soos hierdie poog die US om die impak van innovasie in die samelewing aan te moedig. Die Universiteit lei deur voorbeeld en streef daarna om 'n netto-nul kampusomgewing teen 2050 te bereik. 

Oor SUNKOM

SUNKOM is 'n afdeling van Innovus (Innovasie en Kommersiëlisering) wat verantwoordelik is vir die Universiteit se 5de inkomstestroom. Dit sluit in tegnologie en intellektuele eiendomsverwante inkomste, asook suiwer kommersiële inkomste. Terwyl SUNKOM deel is van die US, is al sy afdelings finansieël onafhanklik.

 

Vir meer inligting oor SUNKOM, klik hier

1.    https://www.science.org/doi/10.1126/science.aaq0216