Die Afdeling Navorsingsontwikkeling (ANO) stel graag ons nuwe US navorserprofiel-portaal Discovery bekend. Alle voltyds-permanente akademiese personeel, sowel as nadoktorale genote, het `n profiel wat hier vertoon word: https://researcherprofiles.sun.ac.za/
Die finale fase van die bekendstelling van die nuwe portal gebeur vandag (1 Maart 2024) wanneer dit beskikbaar raak vir die wyer publiek en geindekseer word deur soek-enjins
Hierdie nuwe navorserprofiel-portaal sal help met mediaskakeling en openbare wetenskapskommunikasie; die beskikbaarheid van personeel vir nagraadse studieleiding aandui; en navorsers binne `n spesifieke gebied van kundigheid identifiseer vir moontlike samewerking en netwerkvorming. Potensiële nasionale en internasionale navorsings- en industrievennote kan die Discovery-portaal vir US-kundiges deursoek, dit kan interdissiplinêre netwerkvorming onder US navorsers bevorder, en dit het die groot potensiaal om die sigbaarheid van US-navorsingsterkpunte en individuele navorsingskundigheid te versterk. Die portaal sluit ook nuwe kenmerke in, soos die tentoonstelling van US-navorsers se publikasie-uitsette sowel as `n aanduiding van die belyning van hul werk met die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (SDG`s) en die Afrika-unie 2063-doelwitte.
US personeel wie graag hulle profiel op die portaal wil opdateer, het twee opsies:
Gaan na https://researcherprofiles.sun.ac.za/, soek jou naam en kliek op die 'Edit my profile' skakel links onder op die skerm.
OF
Jy kan by https://researchoutputs.sun.ac.za/
aanmeld en 'Edit my profile' aan die regterkant van die skerm kies.
*In beide gevalle sal jy jou US-netwerktoegang nodig hê om aan te meld.*
Om te begin, kan jy twee hulpdokumente aflaai:
Of raadpleeg `n Gereelde vrae webblad – FAQ (https://bit.ly/SU_symplectic_elements_FAQ)
Jy is welkom om me Jennifer De Beer te kontak by jad@sun.ac.za of symplectic@sun.ac.za indien jy enige vrae het of as jy verdere hulp benodig.