Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
ALOV OLA Seminaar 14 Maart 2024
Outeur: Dr Karin Cattell-Holden
Gepubliseer: 27/02/2024

Spreker: Prof. Susan van Schalkwyk (Direkteur: Sentrum vir Gesondheidsberoepe Onderwys (“CHPE"), Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe) (US Onderriggenoot)

Onderwerp: “Models of doctoral supervision in health professions education: process and power"

 

Opsomming van seminaar

Doktorale studies is daarop gemik om die grense van wat bekend is uit te brei, met die doel om 'n kennisbydrae tot die veld waarin sulke studies onderneem word te maak. Kennis wat as waardevol beskou word deur diegene wat hoë aansien in die veld geniet, is inherent kragtig – dit rig die wetenskap en dra by tot die kanon. Die nastreef van sulke kennis staan sentraal in die doktorale onderneming wat gekenmerk word deur 'n proses van “wees en word" soos die student die oorgang na 'n gekose dissiplinêre gemeenskap maak – 'n gemeenskap wat gedefinieer word deur 'n stel norme en waardes wat oor die tyd heen ontwikkel is, en deur wat as kennis geld binne hierdie struktuur. Die begrip van die oorsteek van grense bied 'n lens waarmee hierdie oorgang verken kan word. Doktorale skryfwerk verteenwoordig byvoorbeeld 'n spesifieke grens waarmee studente moet omgaan soos hulle die korpus werk wat uit hulle akademiese ondernemings na vore kom probeer inskryf om uiteindelik kragtige skrywers te word (Van Schalkwyk & Jacobs, 2021). Die proses van studieleiding is sentraal in die doktorale reis en probeer hierdie omgang fasiliteer terwyl die integriteit van die dissiplinêre kanon terselfdertyd gehandhaaf word. Dit bring vrae na vore oor die aard van daardie studieleiding, die manier waarop dit georganiseer word, en hoe dit beoefen word.

 

Biografie van spreker

Prof. van Schalkwyk het insigte beskryf wat verkry is uit haar werk oor doktorale studieleiding wat, onder meer, die ervaring van die ontvang van studieleiding, of die lei van andere, tydens 'n reeks onderhoude (sommige aanlyn) met 23 doktorale kandidate en 10 studieleiers in 10 lande verken het. Sy het die voortdurend veranderende aard van die verhouding tussen studieleier en kandidaat, wat dryfvere vir nuwe modelle en benaderings insluit, gedeel. Hierdie werk het implikasies vir die inisiëring van gesprekke oor doktorale studieleiding, die hersiening van die benaderings wat ons volg, en kritiese betrokkenheid by die begrippe van kennis en mag.

Prof. van Schalkwyk se aanbieding het die bevindinge van haar Onderriggenootskap-navorsingsprojek verteenwoordig. 

Verwysings

  • Van Schalkwyk, S; Jacobs, C. (2021). Borders and tensions in Doctoral Writing. In: Badenhorst C; Amell and B & Burford J. (eds). Re-imagining doctoral writing. WAC Clearing House: Colorado. ​

Verwys asseblief na die aanbieding vir verdere verwysings of kom in aanraking met prof. Van Schalkwyk.​