Gert van Deventer bied ondersteuning vir die regulering van die Universiteit Stellenbosch (US) se handelsmerkportefeulje en hulp met institusionele kopieregaangeleenthede. Hy het sy BSc- (Molekulêre Biologie en Biotegnologie), LLB- en LLM- (Intellektuele Eiendomsreg) grade aan die US behaal. Hy is tans ingeskryf vir die LLD-program, met 'n fokus op aspekte van handelsmerkreg. Van Deventer was voorheen 'n navorsingsassistent by die Fakulteit Regsgeleerdheid se Departement Handelsreg en 'n administratiewe beampte by die Afrikasentrum vir Akademieskap, 'n afdeling van US Internasionaal. Ons het Van Deventer gevra om te verduidelik hoe die US se handelsmerkvernuwingsreis deur kopiereg- en handelsmerkkwessies beïnvloed is.
Wat behels jou rol en verantwoordelikehede as die US se spesialis in intellektuele eiendom?
As die US se Intellektuele Eiendom-spesialis: Kopiereg en Handelsmerke binne die US se Afdeling Innovasie en Kommersialisering, en meer spesifiek binne die Handelsmerkkantoor, help ek met die bestuur van die US se handelsmerkportefeulje en gee ek leiding met betrekking tot institusionele kopieregaangeleenthede. Hierdie funksie verseker dat die US aan nasionale wetgewing, institusionele beleide oor intellektuele eiendom (IE) en handelsmerke en die US se handelsmerkidentiteitsriglyne voldoen ten einde die risiko's met betrekking tot die skending van intellektuele eiendom te verminder.
Ek verseker in my rol dat interne en eksterne belanghebbendes die US se handelsmerke en kopiereginhoud korrek en binne die bestek van voorgeskrewe vereistes en beperkings toepas, en dat eksterne partye se handelsmerke en derdeparty-kopiereginhoud ooreenkomstig voorgeskrewe bepalings en voorwaardes van die eienaars gebruik word.
Hoe strook die US se Afdeling Innovasie en Kommersialisering met jou rol in die bestuur van die Universiteit se handelsmerk- en kopieregportefeulje?
Die US se Afdeling Innovasie en Kommersialisering het as die US se IE- en tegnologie-oordragkantoor amptelike magtiging deur nasionale wetgewing die van die US Raad. Toepaslike wetgewing bepaal dat 'n tegnologie-oordragkantoor by alle Suid-Afrikaanse tersiêre instellings gevestig moet word, met die doel om IE te bestuur en te kommersialiseer. Die US Raad het in 2018 die Afdeling Innovasie en Kommersialisering opdrag gegee om die US se volledige IE-portefeuljes te bestuur en te kommersialiseer, en om in ooreenstemming met die US se beleid oor intellektuele eiendom en handelsmerke dit te doen, en om die US se vyfde inkomstestroom te bestuur. As die US se IE-spesialis: Kopiereg en Handelsmerke strook my rol met die Afdeling Innovasie en Kommersialisering se mandaat.
Kan jy uitbrei oor die belangrikheid van handelsmerk- en kopieregaangeleenthede binne 'n universiteit se handelsmerkstrategie, veral in die lig van die US se handelsmerkvernuwingsreis van die afgelope paar jaar?
Saam met die US se handelsmerkvernuwingsproses is die Universiteit se beleid oor handelsmerke in 2022 hersien en vanaf 1 Januarie 2023 geïmplementeer. Hierdie beleidsdokument – wat saam met die US se bygewerkte handelsmerkhandleiding gelees moet word – het ook 'n eenvormige handelsmerkargitektuur bekendgestel en beklemtoon watter handelsmerke binne hierdie argitektuur deur hierdie dokumente beheer word.
Beide die US se bygewerkte beleid oor handelsmerke en handelsmerkhandleiding verwys na die onderskeie kurators, die Handelsmerkkantoor en die US se Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking, se rolle vir die gebruik van die US se handelsmerke. Die Handelsmerkkantoor is verantwoordelik vir die verlening van goedkeuring vir die gebruik van die US se handelsmerke, terwyl die US se Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking verantwoordelik is vir die lewering van insette oor die visuele toepassing van die US se handelsmerke (of die goedkeuring van die visuele elemente vir die toepassing van kunswerke in die gebruik van die US se handelsmerke).
Wat die US se handelsmerkvernuwingsproses betref, wat was van die belangrikste uitdagings en geleenthede wat jy ten opsigte van intellektuele eiendom, handelsmerke en kopiereg teëgekom het?
Ons kantoor het spesifiek met die hersiening van die US se beleid oor handelsmerke, wat saam met die handelsmerkvernuwingsproses plaasgevind het, gesien US-personeel verstaan nie die institusionele behoefte om beleids- en handelsmerkidentiteitsriglyne te hê nie, en dat hulle teenstand bied om hierdie bepalings te voldoen. Dit is belangrik om daarop te let dat ons met hierdie dokumente poog om risiko's vir potensiële handelsmerkskending te verminder (nie net vir die gebruik van die US se handelsmerke nie, maar ook met betrekking tot die gebruik van eksterne belanghebbendes se logo's), en ook om die wonderlike handelsmerkwaarde wat aan die US se handelsmerkportefeulje geheg word, te beskerm. Op die ou einde is die skep van bewustheid en die kweek van groter begrip vir IE en ons kantoor se funksies van uiterste belang vir US-omgewings om in te koop in die idee.
Wat is die algemeenste foute wat jy ten opsigte van intellektuele eiendom en handelsmerke in die handelsmerkvernuwingsproses teëkom?
Wanneer die US se handelsmerke saam met eksterne partye se logo's gebruik word, is dit belangrik dat daar 'n verband (by wyse van 'n ooreenkoms of ander maatreël) tussen die partye moet wees, en dat hulle betrokkenheid moet aangedui word. Ons kantoor het baie gevalle gesien waar logo's van verskillende partye saam gebruik word, terwyl daar geen affiliasie is nie, en waar hulle betrokkenheid by 'n inisiatief nie beskryf word nie.
Inhoud (óf handelsmerke, óf inhoud wat deur kopiereg beskerm word) wat vrylik op die internet beskikbaar is, beteken ook nie noodwendig dit is nie aan bepalings en voorwaardes nie onderhewig is, en jy sal steeds toestemming moet kry om dit te gebruik en kyk of daar enige vereistes of beperkings vir die gebruik daarvan is.
Kan jy jou insigte deel oor die samewerkende benadering wat in die handelsmerkvernuwingsproses gevolg is, veral om die nakoming van handelsmerk- en kopieregte regoor verskillende universiteitsdepartemente en belanghebbendes by die US te verseker?
Ons kantoor het spesifiek vir die hersiening van die US se beleid oor handelsmerke, 'n uitgebreide konsultasie- en goedkeuringsproses vir implementering gevolg en alle US-omgewings is die geleentheid gegee om insette te lewer.
Ons kantoor het ook gedurende die handelsmerkvernuwingsproses en die hersiening van die US se beleid oor handelsmerke nou saam met die US se Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking gewerk om te verseker dat albei hierdie dokumente ooreenstem en dat elke party se rol duidelik omskryf word ten opsigte van die goedkeuringsproses vir die gebruik van die US se handelsmerke.
Ander omgewings waarmee ons nou saamwerk, sluit in die Matie-winkel (as die US se amptelike handelswarewinkel en vir die verskaffing van handelsmerkartikels wat die US se handelsmerk dra); die US se Regsdienste vir die hersiening van handelsooreenkomste waarby die US 'n betrokke party is en om te verseker dat die eienaarskap en gebruik van IE (insluitende die gebruik van die US se handelsmerke) voldoende aangespreek word; die US se groep maatskappye (vir handelsmerkregistrasies en afdwinging ten opsigte van afwentelmaatskappye se goedere en dienste); eksterne regsverteenwoordiging (vir bystand in die behoorlike bestuur van die US se handelsmerkportefeulje); en handelsvennote (waarvoor lisensiëringsooreenkomste gesluit is en om op die US se handelsmerke te kommersialiseer).
Kan jy 'n paar praktiese wenke aan personeel gee wat gereeld met die US-handelsmerke werk?
- Maak seker jy het toestemming om eksterne belanghebbendes se handelsmerke te gebruik, en dat jy navraag doen oor enige vereistes of beperkings wat op die gebruik van hulle handelsmerke van toepassing is, sodat die US kan verseker dat ons van ons kant af die vereistes nakom.
- Spreek waar van toepassing handelsmerkgebruik aan in ooreenkomste, sodat partye in 'n ooreenkoms bewus is van wat van mekaar vereis word ten opsigte van die gebruik van mekaar se handelsmerke.
- Reik uit na die Handelsmerkkantoor (trademark@sun.ac.za) wanneer julle beplan om eksterne partye se logo's saam met die US se handelsmerke in julle bemarkingsprojekte te gebruik.