Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
2023 Navorsing en Innovasie Toekennings vir Uitnemendheid - `n viering van navorsing met impak aan die US
Outeur: Division for Research Development | Afdeling Navorsingsontwikkeling
Gepubliseer: 01/11/2023

​Die Universiteit Stellenbosch (US) se Navorsing en Innovasie Toekennings vir Uitnemendheid oorhandigingseremonie is op Maandag 30 Oktober 2023 by STIAS gehou. Die toekennings erken navorsers, nagraadse studente en na-doktorale genote wat in een van die toekenningskategorieë gepresteer het: nagraadse studente; vroeë-loopbaan navorsers; gevestigde navorsers; vroue in navorsing; toekennings vir nuwe A-geëvalueerde navorsers; nagraadse studieleiding; tegnologie oordrag/innovasie; navorsingsuitsette; The Conversation Africa toekennings vir wetenskapskommunikasie; nadoktorale navorsingsgenote; `n Viserektor Interdissiplinêre/groeptoekenning; asook `n Rektor en Visekanselierstoekenning vir Navorsing vir Impak.

Navorsingsverwante aktiwiteite en uitsette lewer `n kritieke bydrae tot die uitbou van die US se internasionale reputasie as `n uitstekende navorsings-intensiewe universiteit. Belangriker nog is die feit dat nuwe kennis wat op hierdie wyse aan die US gegenereer word, na 'n globale gehoor oorgedra word, wat sodoende die toepassing van navorsingsresultate en die vestiging van hoëvlak menslike kapasiteit verbeter. Die toekennings gee daarom erkenning aan individue vir hulle uitnemende bydrae tot die US se navorsingsonderneming. Hulle was betrokke by hoë kwaliteit navorsing, kenninsoordrag of navorsingsverwante aktiwiteite oor `n volgehoue tydperk en verdien daarom erkenning vir die impak van hulle werk.

In haar openingsrede het prof Sibusiso Moyo, die Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies aan die US, gesê dat die US staatmaak op die navorsing en innovasie ondernemings van sy mense, uitstekende infrastuktuur en `n onwrikbare reputasie om hoë kwaliteit opleiding te bied, nuwe kennis te produseer en navorsing te onderneem wat van die mees kwellende probleme van ons omgewing en samelewing kan oplos. Impakvolle navorsing is een van die kern maniere waarop ons die waarde van kennisontwikkeling en hoë-vlak vaardigheidsopleiding aan die US meet. “Ons vier daarom die groep toenninghouers, maar ook almal wat genomineer is in die verskeie kategorieë. Ons bedank ook die Fakulteite, Departemente, Skole, Navorsingsentrums en -institute vir die skep van toeganklike ruimtes vir hierdie navorsers en studente om in te floreer. Hierdie jaar het ons `n nominasieproses bekendgestel, asook `n paar nuwe kategorieë wat ook kyk na die breër impak van die navorsing benewens net die aantal publikasies". ​

Prof Wim De Villiers, Rektor en Visekanselier, het die toekenninghouers gelukgewens wie bydra tot die strategiese visie van die US om Afrika se toonaangewende navorsingsintensiewe instelling te word: "Een van die US se strategiese kerntemas is Navorsing vir Impak. Die impak wat ons navorsers maak – op die Universiteit Stellenbosch se reputasie en invloed as 'n wêreldklas-instelling wat uitstekende navorsing lewer, en binne hul kundigheidsvelde in Suid-Afrika, Afrika en verder – is 'n nalatenskap om op trots te wees."

Vind die toekenningsgeleentheid se programboekie met die name van al die genomineerdes in die verskillende kategorieë https://bit.ly/3FGNMGJ

2023 Navorsing en Innovasie Toekennings vir Uitnemendheid

NAGRAADSE STUDENTE KATEGORIE

Dr Megan BruwerSiviele Ingenieurswese
Ms Kimberly CoetzerBiomediese Wetenskappe
Ms Elizaveta KorolevaMikrobiologie
Ms Carmen-Marie PayneMediese Fisiologie
Dr Samantha PillayBiomediese Wetenskappe
Dr Tulimo UushonaDierkunde

VROEë-LOOPBAAN NAVORSER KATEGORIE​

Dr Bronwyn CoetzeeSielkunde
Dr Wynand GoosenBiomediese Wetenskappe
Dr Karel KrugerMeganiese en Megatroniese Ingenieurswese
Dr Douglas ParryInligtingswetenskap
Dr Sanjeev RambharoseFisiologiese Wetenskappe
Dr Rizwana RoomaneySielkunde
Dr Delano van der LindePubliekreg

GEVESTIGDE NAVORSER KATEGORIE​

Prof Karen EslerBewaringsekologie en Entomologie
Prof Andries EngelbrechtBedryfsingenieurswese
Prof Ashraf KageeSielkunde
Prof Michele MillerBiomediese Wetenskappe
Prof Grant TheronBiomediese Wetenskappe

VROUE IN NAVORSING KATEGORIE​

Prof Annie BekkerMeganiese en Megatroniese Ingenieurswese
Prof Oonsie BiggsSentrum vir Volhoubaarheidsoorgange
Prof Zsa-Zsa BoggenpoelPrivaatreg
Prof Catherine CluverVerloskunde en Ginekologie
Prof Marlo MöllerMolekulêre Biologie en Mensgenetika

​Toekennings vir nuwe A-geëvalueerde navorsers

Prof Guy Midgley Direkteur: Skool vir Klimaatstudies
Prof Gerhard Walzl Molekulêre Biologie en Mensgenetika

Toekennings vir Nagraadse Studieleiding​

Prof Dirk de VilliersElektriese en Elektroniese Ingenieurswese
Prof Sara GrobbelaarBedryfsingenieurswese
Prof Doreen KauraVerleegkunde
Prof Cletos MapiyeDierkunde
Prof Robbie PottChemiese Ingenieurswese
Prof Jan van VuurenBedryfsingenieurswese

Toekennings vir Tegnologie Oordrag/Innovasie​

Prof Resia PretoriusFisiologiese Wetenskappe
Dr Jason SamuelsBedryfsingenieurswese

Viserektor Top Navorsingsuitsette-toekennings

 

Prof Oluwole MakindeWiskunde, Militêre Wetenskappe
Prof Soraya SeedatPsigiatrie
Prof Robin WarrenMolekulêre Biologie en Mensgenetika
Prof Bernard WesselsPrivaatreg
Dr Evert KleynhansMilitêre Geskiedenis

The Conversation Africa toekennings​

Dr Charles MacRobertSiviele Ingenieurswese
Dr Sara AndreottiBotanie en Soölogie
Prof Amanda GouwsPolitieke Wetenskape
Mr Wandile SihloboLandbou-ekonomie

SERTIFIKATE VAN ERKENNING​

Prof Lungi Nkonki - Future Professors ProgramGesondheidsisteme en Openbare Gesondheid
Dr Margreth Tadie - Future Professors ProgramChemiese Ingenieurswese
Dr Tongai Gibson Maponga - Future Professors ProgramMediese Virologie
Dr Uhuru Portia Phalafula - Future Professors ProgramEngels
Prof Nox Makunga - Future Professors ProgramBotanie en Soölogie
Dr Gibson Ncube - Future Professors ProgramModerne Vreemde Tale
Dr Tawanda Zininga - Future Professors ProgramBiochemie
Prof Retief Muller  - vir PhDs afgeleweSistematiese Teologie en Ekklesiologie
Prof Johann Cilliers - vir PhDs afgelewerPraktiese Teologie en Missiologie
Prof Maureen Robinson - vir PhDs afgelewerKurrikulumstudies
Prof Marius Ungerer – vir navorsingsuitsetteUS Bestuurskool
Prof Florian Krobb – vir navorsingsuitsetteModerne Vreemde Tale
Prof Christof Sauer – vir navorsingsuitsettePraktiese Teologie en Missiologie
Dr John Harper – vir navorsingsuitsetteOu en Nuwe Testament

NADOKTORALE GENOOTSKAPTOEKENNINGS

Dr Chioma Ohajunwa – Nadoktorale Genoot van die Jaar toekenningAfrika Sentrum vir HIV/Vigs bestuur
Prof Grant Theron – Uitstaande Nadoktorale Mentor toekenning Postdoctoral Mentor AwardBiomediese Wetenskappe
Dr Natalia Florez Quiroz - Top Nadoktorale GenootskapstoekenningSiviele Ingenieuswese
Dr Eirik Wik - Top Nadoktorale GenootskapstoekenningInstituut vir Sport en Oefengeneeskunde
Dr Hayley Jackson – Top Nadoktorale GenootskapstoekenningBiochemie
Dr Suventha Moodley - Top Nadoktorale GenootskapstoekenningBiochemie
Dr Lindani Moyo - Top Nadoktorale GenootskapstoekenningPlantpatologie

VISEREKTOR INTERDISSIPLINêRE/GROEPSTOEKENNING​

Centre for Epidemic Response and Innovation (CERI)Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke
Institute for Life Course Health Research (ILCHR)Globale Gesondheid

REKTOR EN VISEKANSELIER NAVORSING VIR IMPAK TOEKENNING

Prof Tulio De OliveiraCentre for Epidemic Response and Innovation (CERI)