Hierdie werkswinkels is gemik op nagraadse studente, opkomende navorsers en akademiese personeel en dié sessies se fokus is op die navorsingsproses. Die sessies wissel in lengte na gelang van die onderwerp, maar hulle dek ʼn wye reeds onderwerpe wat verband hou met die nagraadse navorsingsreis.
Die bestuur van jou verwysings kan 'n uitdagende taak wees. Hierdie werkswinkel sal jou bekendstel aan EndNote, 'n hulpmiddel wat hoofsaaklik op verwysingsbestuur fokus. EndNote bied verskeie dienste, insluitend verwysingsbestuur, organisering en annotasie van PDF-dokumente en akademiese samewerking.
Datum: 6 Mei
Tyd: 14:00 – 16:00
Personeel registreer hier
Studente registreer hier
SciVal is Elsevier se hulpmiddel vir navorsingsevaluering wat die vergelyking met eweknieë, die identifisering en ontleding van opkomende navorsingstendense en die visualisering van navorsingsmetings, moontlik maak. Die navorsingsevaluering van meer as 22,000 navorsingsinstellings uit meer as 230 lande wêreldwyd kan ontleed word. Hierdie werkswinkel sal 'n oorsig van SciVal se funksies insluit, sowel as 'n demonstrasie van die platform.
Datum: 7 Mei
Tyd: 11:00 – 13:00