Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Woordpret by die WAT
Begin: 15/02/2018, 10:00
Einde: 22/02/2018, 10:00
Kontak:Susan Viviers - 0218873113
Plek: Banghoekweg 115

Woordpret by die WAT

 

Hennie van Deventer is op 23 Februarie die spreker by die eerste Woordpret van die jaar van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Hennie is ‘n deurwinterde joernalis en hy sal praat oor ‘n Kykweer van ‘n kanniedood-koerantman wat die subtitel is van Laatoes, sy jongste publikasie.

 

Hennie was twaalf jaar lank die redakteur van Volksblad en daarna is hy aangestel as uitvoerende hoof: koerante van die Nasionale Pers Beperk. Hy het verskeie boeke laat verskyn, waaronder Scoops en skandes, Flaters en kraters, Oos, wes – reismoles, Kroniek van ’n koerantman: ’n persoonlike perspektief op die jare na 80, Buurman van die Wildtuin, Mayafudi, Byl in my bos en Praat-praat in Tamatiestraat: Humor met Hennie van Deventer.

 

Forrester Vineyards sal van hul uitsoekwyne kom bekendstel en wyn, sap en ligte verversings is vanaf 12:30 beskikbaar. Hennie kom om 13:00 aan die beurt. Die program duur ongeveer 45 min. en sal dus voor 13:45 ten einde loop. 

 

Kaartjies kos R30 en daar is sitplek vir slegs 50 persone.  Skakel Susan of Tanja voor of op 21 Februarie by 021 887 3113 of kontak die WAT by wat@sun.ac.za om u sitplek te bespreek.  Die Buro van die WAT is in Banghoekweg 115, Stellenbosch.