Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Tweede weergawe: aanlyn aanboordprogram

​Die Universiteit Stellenbosch bied weer in Desember 2021 'n aanlyn aanboordprogram vir alle 2022 eerstejaars aan. Alles wat studente moet weet oor die US en hul fakulteit, kan hulle hier kry!  

Die program is op SUNLearn beskikbaar vanaf 13 Desember 2021. 

Die volgende onderwerpe (behalwe vir die fakulteit en programspesifieke inligting) word verduidelik:
Tydsbestuur, sukses en welstand, stresbestuur, eksamen- en studievaardighede, finansiële geletterdheid, akademiese leeswerk asook die I-FlourishWell4Life-program.
 
In 'n uitgebreide vraag‑en‑antwoord‑afdeling gaan studente antwoorde op vele van hulle vrae oor die US vind en selfs hulle eie vrae kan plaas. Video's van studente wat vertel hoe hulle die universiteitslewe beleef, 'n virtuele kampustoer, en inligting oor beskikbare steun is maklik bekombaar. Studente sal ook kan kennis maak met van die mentors by US. 

Vanaf 13 Desember kan studente hier klik (https://learn.sun.ac.za/course/view.php?id=65391 ) om toegang tot die program te verkry.

​Indien jy enige vrae oor die aanboordprogram het, stuur 'n e-pos na:  onboardingsu@sun.ac.za.

http://www.sun.ac.za/afrikaans/welcome/Pages/Online-Onboarding.aspx