Navorsers het nou die geleentheid om hulle kreatiewe
uitsette in te dien by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO)
vir formele erkenning en subsidie-doeleindes.
Die interne sluitingsdatum vir indien van hierdie
uitsette is Maandag, 23 Maart 2020.
Voltooi asb. die aanlyn vorm vir elke indiening: https://redcap.sun.ac.za/surveys/?s=REKY9EHTHM
Let op dat die name en kontakbesonderhede van twee
eweknie beoordelaars ook verskaf moet word in die aanlyn aansoek.
Die databank Figshare (https://figshare.com) is beskikbaar as platform om 'n skakel van die uitset te deel.
Ons wil graag sekere belangrike aspekte uitlig:
Kategorieë wat kwalifiseer vir subsidie asook
kontakpersone indien verdere inligting spesifiek tot die kategorie verlang
word:
Kontakpersone vir algemene
navrae:
Esmari Huysamen (021 808 4914; esmarih@sun.ac.za) Felicia Mc Donald (021 808 2581; fmcdonald@sun.ac.za)Daléne Pieterse (021 808 3557; mver@sun.ac.za)Maryke Hunter-Hüsselmann (021 808 4623; mh3@sun.ac.za)
Kontakpersoon vir hulp met die
aanlyn vorm:
Uitsetjare waarvoor aansoeke ingedien kan word:
n-3 maw vir hierdie rondte sal uitsette wat gelewer
is in die periode 2017-2019 in aanmerking kom.
NB: Let asseblief daarop
dat onvolledige aansoeke nie in aanmerking sal kom nie en nie geprosesseer kan
word vir subsidie nie.
Neem asb kennis: Ons het nog nie terugvoering van die DHOO ontvang met betrekking tot die vorige voorlegging van kreatiewe uitsette nie (2016 - 2018), maar hul sperdatum hierdie jaar is sodanig dat ons nou met ons interne proses moet begin vir die volgende rondte. Ons wil graag die navorsingsgemeenskap aanmoedig om asseblief hul werk vir hierdie rondte in te dien. Terugvoer sal met almal gedeel word wat uitsette verlede jaar ingedien het sodra dit beskikbaar is.