Aansoeke is oop vir die Afrika-Doktorale Akademie (ADA) somerskool wat vanaf 4 tot 6 Januarie 2018 aangebied word. Die doktorale skool is oop vir huidige en voornemende doktorale kandidate, hul studieleiers en navorsers in die algemeen.
Belangestellendes kan aanlyn hier registreer vir die somerskool. Die volledige program is hier beskikbaar.
Die volgende tariewe is van toepassing:
Vyfdaagse werkswinkels: R6800 vir vroeë besprekings/ R7600 standaard prys (per week). Voorbereidings werkswinkel: R3500
Daglange werkswinkel: R950
ADA beurse
Die Carnegie-korporasie van New York en Universiteit Stellenbosch Internasionaal (US Internasionaal) het 'n aantal beurse en toekennings beskikbaar vir doktorale studente aan die begin van hul loopbaan, opkomende navorsers, sowel as studieleiers.
Kliek hier vir meer inligting.