Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
KI vir Ekonomiese Ontwikkeling
Begin: 13/03/2025, 13:00
Einde: 13/03/2025, 14:00
Kontak:Marisa von Fintel -
Plek: Library Auditorium, Stellenbosch University

Die Departement Ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch nooi jou graag[RB1]  na ʹn middagete-seminaar oor “KI vir Ekonomiese Ontwikkeling".

Spreker: Scott Cunningham

Datum: 13 Maart 2025

Tyd: 13:00 - 14:00

Plek: JS Gericke Biblioteek Ouditorium, Universiteit Stellenbosch

Meer inligting oor die spreker:

Scott Cunningham is die Ben H Williams Hoogleraar in Ekonomie aan Baylor Universiteit in Texas. Hy is ʹn toonaangewende kundige oor kousale empiriese ekonomie en kunsmatige intelligensie (KI). Deur sy werk verskaf hy nuwe, geloofwaardige insigte oor die mikrodinamika van ekonomiese ontwikkeling. Indien jy meer oor Scott se loopbaan wil weet, luister gerus na hierdie KI-genereerde NotebookLM-potgooi wat op sy CV gebaseer is, of kyk na sy Substack- of Mixtape-sessies oor kousale afleiding. Hy sal van sy Mixtape-sessies van 10-12 Maart 2025 by die Departement Ekonomie in Stellenbosch aanbied. Vir verdere inligting oor hierdie sessies, kontak asb. vir Marisa von Fintel by marisavonfintel@sun.ac.za.

Antwoord asb. vir die seminaar deur op hierdie skakel te klik.