Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
BMRI-konferensie: ‘Digitale Gesondheid Afrika 2024’
Begin: 23/02/2024, 08:00
Einde: 24/02/2024, 23:55
Kontak:Rene Kotze -
Plek: Biomedical Research Institute Stellenbosch University

​Van digitale gesondheid en telegeneeskunde tot kunsmatige intelligensie – ons sien merkwaardige vooruitgang in hoe gesondheidsorg regoor Afrika gelewer word. Ons streef daarna om hierop voort te bou deur die skep van ʼn neksus vir die uitruil en verstaan van nuwe idees.

Hierdie konferensie sal dien as ʼn platform om die unieke uitdagings van Afrika se inwoners aan te pak en om munt te slaan uit die geleenthede vir transformasie en innovasie in die lewering van gesondheidsorg.

U sal die geleentheid hê om met die voorste kenners op die gebied om te gaan, u professionele netwerke uit te brei en waardevolle insigte op te doen oor die jongste tendense en beste praktyke in digitale gesondheid. Ons nooi u hartlik uit om betrokke te raak by die verskeidenheid werksessies, paneelbesprekings en gevallestudies wat tydens die konferensie aangebied word.

Meer besonderhede: https://digitalhealthafrica.org/​