Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Simposium aan oor die nalatenskap van die netwerk Academic Consortium 21
Begin: 10/03/2024, 08:00
Einde: 12/03/2024, 16:00
Kontak:Corina Du Toit -
Plek: Stellenbosch University Campus

​Van 10 tot 12 Maart 2024 bied die Universiteit Stellenbosch (US), die SDG/2063 Impact Hub (in US Internasionaal se Sentrum vir Samewerking in Afrika) en internasionale vennote 'n simposium aan oor die nalatenskap van die netwerk Academic Consortium 21. Kom sluit gerus by ons aan.

 Die simposium op Stellenbosch verken hoe internasionale navorsing- en onderwyssamewerking op die gebied van volhoubare ontwikkelingsdoelwitte (SDG's) 3, 7 en 9 'n volhoubare wêreld help skep.

Navorsers, ontluikende jong akademici (d.w.s. magister- en PhD-kandidate) en nadoktorale genote kan nog tot 17 Januarie 2024 aansoek doen om aanbiedings oor die drie SDG's hier bo te lewer. 

Algemene deelnemerregistrasie vind vanaf 24 Januarie 2024 plaas. 

 Vir verdere inligting oor tydlyne en hoe om aansoek te doen, raadpleeg https://www.sun.ac.za/english/SUInternational/ac21-legacy-international-symposium