Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Bekendstelling van Skenkingsdag 2023
Begin: 08/08/2023, 17:30
Einde: 08/08/2023, 20:00
Kontak:Viwe Benxa -
Plek: Alumni Club / Klubhuis / Die Stal
​Die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge is opgewonde om jou na die bekendstelling van die Universiteit Stellenbosch (US) se Skenkingsdag 2023 te nooi. Kom sluit asseblief by ons aan vir hierdie inspirerende geleentheid. Skenkingsdag is 'n inisiatief wat die gemeenskap, alumni, personeel en studente van die US saamsnoer ter viering van filantropie en die kollektiewe krag van gee. Dit is 'n dag waar ons 'n verskil wil maak en ons toekomstige leiers wil bemagtig.

​Datum: Dinsdag 8 Augustus 2023
Tyd: 17:30 vir 18:00
Plek: Alumni-klubhuis (Die Stal), Stellenbosch
RSVP:  Rig 'n e-pos aan vbenxa@sun.ac.za om jou bywoning te bevestig.

Tydens die bekendstelling kry jy die geleentheid om meer te wete te kom van die inspirerende inisiatiewe en programme wat deur Skenkingsdag 2023 ondersteun word. Kom kyk wanneer die trekking vir die Fakulteitstrollie-uitdaging plaasvind en watter fakulteite teen mekaar gaan meeding. Jou teenwoordigheid by die bekendstelling sal nie net hierdie geleentheid werklik spesiaal maak nie, maar ook jou verbintenis tot die vorming van die Universiteit se toekoms bewys.

Saam kan ons transformerende geleenthede vir ons studente skep en ons Matie-studentegemeenskap ophef.

Arriveer asseblief stiptelik om 17:30 om te verseker dat jy geen aspek van die geleentheid misloop nie.