Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Auxin: Kunsmatige intelligensie in die hoëronderwysstelsel
Begin: 12/04/2023, 12:45
Einde: 12/04/2023, 13:45
Kontak:Lucy Lucks / Simbongile Ntwasa - 021 808 3717
Plek: Virtual: MS Teams

Onderwerp

Die afgelope paar weke het KI-tegnologie beduidend gegroei met innovasies van industrie-leiers soos Google en Microsoft wat onder meer KI-funksies by hulle onderskeie pakkette begin inbou. Hierdie soort tegnologiese vooruitgang sal 'n radikale impak hê op hoe ons werk, leer en leef, en dit lig belangrike vrae oor die implikasies vir onderrig, leer en assessering in die hoër onderwyssektor. 

In hierdie sessie sal ons die impak van KI op onderwys verder ondersoek en ons bespreking sluit die volgende in:

  • 'n Kort verkenning van die geskiedenis van KI en sy huidige ontwikkelingstadium
  • 'n Ondersoek na KI-tegnologieë wat tans in gebruik is, en hoe dit die manier waarop ons leef, werk en met mekaar omgaan, beïnvloed
  • 'n Spesifieke fokus op ChatGPT, insluitend 'n demonstrasie van sy huidige vermoëns en hoe ons dit in die US-konteks kan benut. 

Daar sal, soos gebruiklik, genoeg tyd vir vrae en bespreking wees. Sluit gerus aan vir wat 'n insiggewende en informatiewe sessie beloof te wees.


The Spreker

Magriet de Villiers is 'n leertegnologie-adviseur by die Sentrum vir Leertegnologieë (SLT) aan die Universiteit Stellenbosch (US) in Suid-Afrika. Sy het Teologie aan die US studeer en onderrig. Sy het die pos as dié fakulteit se vermengde leer-koördineerder aanvaar, en later dié van akademiese ontwikkeling-koördineerder. Soos genoem is sy tans adviseur by die SLT waar sy ondersteuning bied vir die institusionele gebruik van ICT in leer en onderrig. Haar onderrig- en navorsingsbelangstellings sluit in die pedagogie van ongemak, leeromgewings, kunsmatige intelligensie in Hoër Onderwys, instruksionele- en leerontwerp, asook gemengde en hibriede leer. 

Dalene Joubert is die nuwe toevoeging tot die US se Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) se adviseurspan. Sy het ʼn gedeelde meestersgraad van US en die Universiteit van Leiden, 'n nagraadse onderwyssertifikaat van Unisa, en is tans besig met haar PhD in Vertaling aan US. Dalene het 'n passie vir leer en onderrig, en is al vir meer as 'n dekade in dié ruimte werksaam. Sy het aan beide die Rhodes Universiteit en US doseer, en was voorheen ook 'n hoërskool-onderwyser. Sy is mal oor haar werk en verken tans die kruispunt waar AI, onderrig, leer en assessering en die US ontmoet. 

Philip Southey doseer fisika by die Universiteit Stellenbosch. Hy het sy PhD in tersiêre fisika onderrig aan die Universiteit van Kaapstad (UCT) verwerf nadat hy 'n BSc in Astrofisika (UCT) en 'n BA in PPE (Oxford) voltooi het. Hy beskou onderrig as een van die grootste en mees opwindende intellektuele en persoonlike uitdagings. Sy navorsingsbelangstelling lê op die kruispunt van wetenskap, onderwys en filosofie; veral die metafore wat die verskuiwings van paradigma in hierdie dissiplines onderlê. Hy het al Engels onderrig in 'n landelike dorp in die Himalajas en ook vir die koningin dudelsak gespeel. 

Hanelie Adendorff is 'n senior adviseur aan die US se SOL. Sy het 'n PhD in chemie, maar werk sedert 2002 in professionele ontwikkeling. Haar loopbaan en professionele ontwikkeling het begin met 'n belangstelling in gemengde leer, maar sy het sedertdien ook gewerk in die areas van assessering, fasilitering van samewerkende leer, wetenskapsonderrig en, meer onlangs, die dekolonialisering van die wetenskapleerplan. As 'n lid van die Fakulteit van Wetenskap se onderrig- en leerhub, werk sy saam met die Visedekaan (Onderrig en Leer) om die status van onderrig in die fakulteit te verbeter. Sedert die US se oorgang na uitgebreide afstandsonderrig, is sy betrokke by die institusionele navorsing oor assessering.


Navrae & Bespreking​

Lucy Lucks / Simbongile Ntwasa 
llucks@sun.ac.za / sim@sun.ac.za
021 808 3717


Meer oor Auxin