Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Kortkursus in Data- en KI-etiek
Begin: 05/05/2023, 14:00
Einde: 23/06/2023, 14:00
Kontak:Tanya de Villiers-Botha -
Plek: Online

Inleiding tot Data- en KI-etiek

5 Mei – 23 Junie 2023

Tipe Kortkursus, deeltyds

Duur Een, weeklikse kontakperiode oor sewe weke

Formaat Aanlyn

Sertifikaat Bewoningsertifikaat

Teikengehoor Die bedryf, studente en ander aandeelhouers wat hulle kennis van data-en KI-etiek wil verdiep

Koste R4500

1.      Oorsig: 

Dit is duidelike dat datawetenskap en die ontwikkeling en implimentering van KI-gebaseerde tegnologieë in verskeie kontekste nie van etiese oorwegings geskei kan word nie. Hierdie kortkursus bied 'n inleiding tot data- en KI-etiek. Deelnemers sal 'n oorsig oor fundamentele etiese teorie gegee word. Hierdie teorieë sal dan aan die hand van gevallestudies op praktiese etiese vraagstukke wat in die konteks van datawetenskap en AI-gebaseerde tegnologieë voorkom, toegepas kan word. Klem veral op die Suid-Afrikaanse en Afrika-kontekste gelê word. 

 

2.     Uitkomstes:

Deelnemers sal bevoegdheid in die volgende bekom: 

·      Vertroudheid met inleidende etiese teorie

·      Vertroudheid met inleidende data- en KI-etiek

·      Vertroudheid met prominente etiese kwessies wat met datapraktyke gepaard gaan, byvoorbeeld, databesit, databestuur, ensovoorts 

·      Vertroudheid met prominente etiese kwessies wat met die ontwikkeling, toepassing en gebruik van KI-gebaseerde tegnologieë gepaard gaan, byvoorbeeld, algoritmiese vooroordeel, verantwoordelikheid vir kunsmatige besluitneming, KI vir die goeie, en beste praktyke

·      Die vermoë om etiese teorieë op praktiese etiese probleme wat uit data- en AI-verwante praktyke voortspruit, toe te pas

 

 

3.     Sillabus en skedule:

Onderwerp Week
1. Inleiding: Hoekom Data- en KI-etiek? 1
2. Inleiding tot Etiek2 & 3
3. Data-etiek4
4. KI-etiek5
5. Etiek van praktyke6
6. Die toekoms van Data- en KI-etiek7

 

4.     Formaat:

'n Kombinasie van weeklikse, intydse aanlynlesings en -besprekings en kursusmateriaal wat in die deelnemer se eie tyd deurgewerk kan word

 

5.     Assessering:

Die kursus sal nie formeel geassesseer word nie. Met die bywoning van al die kontakperiodes en die aflê van alle kort vasvratoetse of klein opdragte sal deelnemers 'n bewoningsertifikaat ontvang. 

 

6.    Aanbieders sluit in:

·      Dr. Tanya de Villiers-Botha (STE)

·      Dr. Schalk Engelbrecht (STE)

·      Dr. Susan Hall (STE)

·      Prof. Johan Hattingh (STE)

·      Prof. Vasti Roodt (STE)

·      Prof. JP Smit (STE)

·      Prof. Johan Steyn (AI for Business)

·      Prof. Anton van Niekerk (STE)

 

7.     Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan  Dr T de Villiers-Botha

 

8.      Of, om in te skryf, gaan hierheen