Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Prestige-konsert: Viool- en klavieruitvoering met Alissa Margulis & Luis Magalhães
Begin: 29/10/2022, 20:00
Einde: 29/10/2022, 22:00
Kontak:Fiona Grayer - 021 808 2358
Plek: Endler Hall, Stellenbosch

Die Endler Prestige Konsertreeks bied graag aan die internasionaal-gevierde Duitse violis Alissa Margulis, en die Portugese Stellenbosch-gebaseerde pianis Luis Magalhães op Saterdag 29 October omm 8 nm. in die Endlersaal, Stellenbosch. Beide kunstenaars het weinig bekendstelling aan plaasllike gehore, danksy hulle gereelde optredes tydens die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees. Die program vir hierdie konsert sluit in Beethoven se bruisende Kreutzer-sonate, Tartini/Kreisler se sg. Duiwelstriller-sonate, en Brahms se d-mineur sonate.

Die latere gewildheid van Beethoven se Kreutzer-sonate (op. 47) kan sekerlik toegeskryf word aan die stormagtige en patosbelaaide werk. Alhoewel 'n sonate, is die werk tegnies uiters uitdagend, en die komponis het op. 47 self beskryf as “in die styl van 'n concerto". Tartini – dikwels op soek na buitensporige buitemusikale verbindings in sy musiek –  het self  die bynaam van die “duiwelstriller" aan sy sonate gegee. Hy sou inspirasie vir die werk gekry het deur 'n droom waartydens die duiwel self op die viool geïimproviseer het. Brahms se d-mineur sonata (1888), is die laaste van sy drie werke vir die vioolsonate-genre, en verteenwoordig die waardige komponis se meesterlike vaardighede tydens sy laat styl.

Margulis word wyd gehuldig vir haar uitdrukkingsvolle voordragte, en is een van die bekendste onder moderne violiste. The Guardian beskryf Alissa Margulis se spel as “uitsonderlik“; Ivry Gitlis ervaar haar spel as 'n  “openbaring ", en Martha Argerich verwys na Margulis se “sterk musikale persoonlikheid". Sy is 'n gebore in Duitsland binne 'n familie van Russiese musici, en het by wêreldkundiges in Keulen, Brussel en Wenen gestudeer. Sy is die wenner van etlike internasionale kompetisies, en die wenner van die “Pro Europa"- prys van die Europese Kunstestigting, wat in Berlyn aan haar oorhandig is deur Daniel Barenboim.

Luis Magalhães word eweneens wyd gehuldig as klaviersolis, konsertpianis, onderwyser en kamermusikus. In die American Record Guide word sy spel geloof vir sy “wonderlike vol klank", en 'n  “gepoleerde en verfynde tegniek". Gebore in Portugal, en tans in Stellenbosch, toon Luis se loopbaan as pianis die kenmerke van suksesvolle kustenaarskap. Luis het uitgebreide voordragervarings in Europa opgedoen, met onangse optredes in Duitsland, Oostenryk, die Verenigde Koninkryk, asook sy geboorteland, Swiserland, Italië, en vele meer internasionale sentra. Buiten Suid-Afrika en Europa, het hy met sukses opgetree in Brasilië, China, Japan, Zimbabwe, Mozambique, en dikwels in die VSA.  

Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (pensioenarisse, studente en skoliere) is nou beskikbaar by Webtickets, en by die deur een uur voor konsertaanvang. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.