Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Voornemende Studente: Webinaarreeks
Begin: 25/10/2022, 18:00
Einde: 03/11/2022, 18:30
Kontak:Student Recruitment | Studentewerwing - 0218084709
Plek: Online | Aanlyn

Streef. Ontdek. Saam.

​Hierdie webinaarreeks handel oor die volgende twee temas:
1. Wenke en advies
2. Maak gereed vir die toekoms, met die klem op toekomstige loopbane en die Vierde Nywerheidsrevolusie

Wenke en advies, 25–27 Oktober 2022
25 Oktober: Maak seker jy behaal sukses: Hoe om beheer te neem van die hede en die meeste uit jou studie te haal
Praktiese wenke oor volharding, tydbestuur, studievaardighede, stresbestuur, en 'n makliker oorgang van die hoërskool na universiteit.
26 Oktober: Oorwin jou Wiskunde-angs: Praktiese wenke vir studente en ouers 
Kry praktiese wenke oor hoe om jou Wiskunde-angs onder beheer te kry en jou ouers te wys hoe hulle jou kan ondersteun.
27 Oktober: 'Ek het 'n kind op universiteit': Wat behels dié nuwe rol? 
Praktiese wenke om jouself vir jou nuwe rol as universiteitsouer voor te berei, watter veranderinge jy kan verwag, en hoe om jou toekomstige Matie se sukses te help verseker.

Maak gereed vir die toekoms, 1–3 November 2022
1 November: Wees 'toekomsgereed': Hoe om jouself voor te berei vir loopbane wat nog nie bestaan nie
Praktiese wenke vir graad 9's en 11's op hulle loopbaanverkenningsreis. Leer hoe om oopkop te bly en jou toekomstige sukses te verseker.
2 November: Loopbane van die toekoms: Watter beroepe sal in 2030 en daarná in aanvraag wees?
Baie van die beroepe wat huidige studente in 2030 sal beoefen, bestaan nog nie. Die vraag is: Wat sal daardie beroepe wees? En sal ander loopbane die knie voor tegnologie moet buig?
3 November: Behaal akademiese sukses ondanks digitale aandagafleiers
Digitale tegnologieë soos slimfone en sosiale media deurdring byna elke aspek van studente se lewens. Hoewel hierdie tegnologieë ons sosiale en akademiese lewens in vele opsigte ondersteun, kan dit ook ons aandag aflei en ons akademiese sukses verhinder. Namate studente in selfstandige volwassenes ontwikkel, moet hulle leer hoe om verantwoordelikheid vir hulle eie leer te aanvaar en hulle tyd op digitale media te bestuur. Hierdie webinaar handel oor hoe studente self hulle gedrag kan reguleer en akademiese sukses kan behaal ondanks digitale aandagafleiers.

​Registreer hier: https://bit.ly/3EQ5kkO

Sluit aan: https://bit.ly/3xYrEEA​