Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Maties101
Begin: 03/10/2022, 16:00
Einde: 06/10/2022, 20:30
Kontak:Student Recruitment | Studentewerwing - 0218084709
Plek: Online | Aanlyn

Maties101 is ’n aanlyn geleentheid, aangebied deur die Universiteit Stellenbosch (US) se Rektor en Visekanselier, Prof. Wim de Villiers, en die Fakulteitsdekane.

Dit is 'n geleentheid vir jou om eerstehandse ervaring op te doen oor wat die US bied en wat om te verwag.

Die geleentheid is 'n week lange viering wat bestaan uit 'n algemene sessie en fakulteitgeleenthede saam met intydse vraag-en-antwoordsessies waartydens jy jou vrae sal kan instuur en intydse antwoorde kry.

Program
Datum: 3 Oktober 2022
18:00 Algemene program
- Verwelkoming deur die Rektor
- #wiejyword: Studente- en alumni-ervaring
 
18:45 Algemene V&A
Kan insluit, maar nie beperk tot:
- Wat om te verwag (ouers) (studente)
- Proses tot en met registrasie
- Onmisbare voorbereidings- en ondersteuningsprogramme
- Veiligheid op kampus
- Studentebefondsing en Studentefinansiering​
- Verblyf op kampus
 
19:30 Fakulteit-spesifieke sessies
Elke fakulteit sal unieke sessies vir hulle studente aanbied.
 
Datum: 4 Oktober
17:30 Natuurwetenskappe V&A
18:30 Agriwetenskappe V&A
19:30 Teologie V&A
 
Datum: 5 Oktober
17:30 Ekonomiese en Bestuurswetenskappe V&A
18:30 Opvoedkunde V&A
19:30 Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe V&A

Datum: 6 Oktober
17:30 Ingenieurswese V&A
18:30 Lettere en Sosialewetenskappe V&A
19:30 Regsgeleerdheid V&A

Jy sal beide skakels voor die aanvang van die sessies ontvang.

Dit sal 'n voorreg wees om jou en jou ouers of voogde by hierdie geleentheid te verwelkom.​