Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
WAAGMOEDIGE GESPREKKE: Estetika van Geheue: Sowjet Goelag en Apartheid
Begin: 11/08/2022, 09:30
Einde: 12/08/2022, 15:00
Kontak:Dr Azille Coetzee -
Plek: Stias

Op Donderdag 11 Augustus tot Vrydag 12 Augustus 2022 bied die Centre for the Study of the Afterlife of Violence and the Reparative Quest (AVReQ) 'n Rusland-Suid-Afrika Dialoog oor Gewelddadige Geskiedenisse aan, waarin daar gefokus sal word op die estetika van wreedheid in die Sowjet Goelag en apartheid. 

Die samewerking is interdissiplinêr, en word gelei deur Pumla Gobodo-Madikizela (Voorsitter van AVReQ), Katya Tolstoj (Voorsitter van Teologie en Godsdiens in Post-Trauma Samelewings en Stigtende Direkteur van die Instituut vir die Akademiese Studie van Oosterse Christenskap aan die Vrije Universiteit, Amsterdam) en Anastasia Mitrofanova (Voorsitter van Politieke Wetenskap, Kerk-Staat Verhoudinge en die Sosiologie van Godsdiens aan die Russiese Ortodokse Universiteit, sowel as Professor aan die Russiese Staatsuniversiteit vir die Geesteswetenskappe). Dit is 'n voortsetting van 'n gesprek wat in 2020 begin is met 'n twee-dag paneelbespreking gerig op die verkenning van akademiese en publieke navorsing en die voorstelling van misdade in die traumatiese verledes van die Sowjet Goelag en Suid-Afrikaanse apartheid deur film, visuele kunste, fotografie, uitvoerende kunste en narratiewe representasie van verhale van lyding.

In die komende kollokwium sal die onderwerp van gewelddadige geskiedenis en geheue weereens sentraal gestel word in ons nadenke oor die kwessie van die estetika van sistemiese geweld en die erfenis daarvan in die konteks van die Sowjet Goelag en apartheid.

Die twee-dag kollokwium sal in persoon plaasvind by STIAS en sal bestaan uit paneelbesprekings, werkswinkels en individuele praatjies deur internasionaal befaamde akademici van reg oor die wêreld (soos Tamar Garb, Nanci Adler, en Jennifer Fish, onder andere), sowel as gevierde plaaslike kunstenaars en denkers (soos Greer Valley, Stephané Conradie, en Siona O'Connell). Die kollokwium sal afgesluit word deur 'n voordrag van digkuns deur Tim Seibles, 'n Amerikaanse digter en voormalige hofdigter van Virgina.

Die program is hier beskikbaar, en kliek hier vir meer inligting oor al die sprekers.

Die kollokwium vind alleenlik in persoon plaas en slegs die volgende sessies is oop vir bywoning:

Donderdag, 11 August (09:30-09:55): Verwelkoming en 'n paar inleidende gedagtes (Pumla Gobodo-Madikizela en Katya Tolstoj). Geen registrasie nodig vir bywoning.

Donderdag, 11 August (10:00-11:25): Paneelgesprek – Thinking with/through Art: Analogy, Juxtaposition and the Power of 'sympathy' in the Encounter between the Gulag and Apartheid, met Tamar Garb, Pumla Gobodo-Madikizela, Nanci Adler, en  Andrea Gullotta. Registreer hier om by te woon.

Donderdag, 11 August (11:30 – 12:55), The Aesthetics of Memory versus the Aesthetics of Terror and the Gulag, met Irina Flige en Dmitry Pritykin, gelei deur Andrea Gullotta. Registreer hier om by te woon