Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Aspekte van 'n geïntegreerde maritieme veiligheidstrategie vir Suid Afrika
Begin: 28/07/2022, 09:00
Einde: 29/07/2022, 12:00
Kontak:Prof Francois Vreÿ - 0825934225
Plek: STIAS Stellenbosch

​Namate die oseane al meer belangrik raak as 'n landkap van kommunikasie, vervoer, lewende en nie-lewende hulpbronne, moet hierdie maritieme belange deur state beskerm word. Veral kriminele sindikate en oorloë vertoon groeiende tendense en raak al meer gesofistikeerd en gevaarlik. 'n Nasionale Maritieme Veiligheidstrategie dien as 'n grondslag om 'n land se maritieme belange te beskerm en Suid-Afrika moet in pas bly om sy maritieme landskap te beskerm. In hierdie verband werk SIGLA  saam met die Instituut vir Veiligheidstudies en die VN se UNODC om aspekte van 'n maritieme veiligheidstrategie vir Suid-Afrika te bespreek. Sprekers van Suid-Afrika, Ghana, Kenya, die UNODC en Indië neem deel tydens 'n seminaar by STIAS op 28 en 29 Julie 2022.