Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
EBW-navorsingsdag
Begin: 22/07/2022, 08:00
Einde: 22/07/2022, 17:00
Kontak:Dr Jaco Franken -
Plek: STIAS / online

​Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe hou 'n navorsingsdag op 22 Julie 2022om die Fakulteit se groeiende navorsingskultuur te vier en ten toon te stel.

Datum: 22 Julie 2022 van 8:00 tot 17:00

Plek:     STIAS

Hoofspreker:  Prof Reinette (Oonsie) Biggs

Oproep om abstrakte:  Akademiese personeel, nadoktorale navorsers en PhD-kandidate van die Fakulteit word genooi om abstrakte in te dien vir óf mondelinge óf plakkaat-aanbiedings. Drie pryse sal toegeken word: vir die beste aanbieding deur 'n senior navorser; vir die beste aanbieding deur 'n navorser aan die begin van sy/haar loopbaan; en 'n prys vir die beste plakkaat.

Registrasie & abstrakte:  ​Voornemende afgevaardigdes kan registreer om die geleentheid persoonlik of aanlyn by te woon, aangesien die simposium ook aanlyn uitgesaai sal word. Om te registreer, voltooi die aanlyn vorm teen 29 April 2022.

Navrae:  Dr Jaco Franken, franken@sun.ac.za.  

 

Meer oor prof Reinette (Oonsie) Biggs

Prof Biggs is die mededirekteur van die Sentrum vir Volhoubaarheidsoorgange (CST) by US en is die bekleër van die Navorsingsleerstoel in Sosio-elologiese Stelsels en Veerkragtigheid. Sy is die Fakulteit se eerste navorser met 'n A-evaluering van die Nasionale Navorsingstigting (NNS). Sy is nie net in diens van CST nie, maar ook van die Stockholm Resilience Centre aan die Universiteit van Stockholm in Swede.

In haar toespraak sal prof Biggs 'n oorsig van haar navorsing verskaf en besin oor die belangrikste oomblikke en gebeure wat haar beroep beïnvloed het.​