Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Verbetering van Industriële Beleidsingryping
Begin: 05/10/2021, 08:00
Einde: 07/10/2021, 16:00
Kontak:Ulrike Vorndran - +27 084 951 8267
Plek: Stias/ Online

​Die beleidswerksessie word befonds deur die Vlaamse Interuniversiteitsraad (VLIR-UOS) en het ten doel om die dialoog tussen akademici, beleidsontleders en internasionale organisasies oor die opkomende denke oor en benaderings tot die verbetering van industriële beleidsingryping aan te wakker. 

Die eerste twee dae van die werksessie bestaan uit programredes deur die voorste kundiges, aanbiedings deur beleidspraktisyns oor beste praktyke en hul ondervinding van industriële beleid, en aanbiedings deur akademici oor opkomende analitiese benaderings. Die derde dag bestaan uit diepgaande parallelle werksessies wat deelnemers sal toerus om die opkomende werktuie en benaderings vir die ontleding van industriële beleid aan te wend.

Die werksessie sal in hibriede formaat by STIAS in Stellenbosch aangebied word, met kontaksessies en aanlyn inhoud wat in Engels en Frans beskikbaar sal wees.

Klik hier om te registreer.​