Universiteit Stellenbosch en African Sun Media nooi jou hartelik uit na die boekbekendstelling van Evoking Transformation: Visual Redress at Stellenbosch University. Die boek bied ‘n aandagtige weerspieëling van ‘n pertinente aspek van institusionele transformasie by Universiteit Stellenbosch aan.
Kom luister gerus hoe die redakteure, Professore Aslam Fataar en Elmarie Costandius, Dr Leslie van Rooi (US Senior Direkteur: Sosiale Impak & Transformasie, en hoofstuk outeur) en Prof Nico Koopman (US Adjunk-visekanselier: Sosiale Impak, Transformasie & Personeel, en hoofstuk outeur) met Prof Brenda Schmahmann (UJ), Dr Bernadette Johnson (Wits) en Prof Wim de Villiers (US Visekanselier) gesels oor die boek.
Registreer asseblief vir die Zoom bekendstelling hier: https://us02web.zoom.us/webinar/register/WN_492fcmY5SWuA4ctSFHSZ4Q