Woensdag Kunsgesprek: 14 April 2021
Aftermath: Violence and Wellbeing in the Context of the Student Movement
Die Stellenbosch Universiteitsmuseum nooi jou uit na 'n Woensdag-kunsgesprek tussen prof Thierry Luescher (Hoofnavorser, RGN en die UVS) and Asandiswa Bomvana (Student-navorsingsdeelnemer, UWK), in gesprek oor die uitstalling Aftermath: Violence and Wellbeing in the Context of the Student Movement, onder die kuratorskap van Carl Collison, wat van 12 tot 16 April 2021 by die Stellenbosch Universiteitsmuseum te sien is.
Die uitstalling, Aftermath: Violence and Wellbeing in the Context of the Student Movement, is 'n versameling foto's wat deur studenteleiers geneem en/of verskaf is, waardeur hulle besin oor die uitbeelding van hulle ervarings van geweld tydens die #FeesMustFall-studentebeweging – en hulle soeke na welstand ná hierdie ervarings.
PROF THIERRY LUESCHER & ASANDISWA BOMVANA
DATUM: WOENSDAG, 14 APRIL 2021
TYD: 13:00 – 14:00
DIGITALE PLATFORM: TEAMS
Kliek op die volgende skakel om deel te neem aan die Woensdag kunsgesprek op 14 April 2021 om 13:00:
WednesdayArtTalkaboutAftermath