Maties Sport bied gedurende April aanlyn spele in die vorm van E-Sport en Skaak vir die Stellenbosch Universiteit gemeenskap aan. Hierdie toernooie is oop vir alle studente en personeellede en daar is geen koste om in te skryf nie. Daar is ook pryse ter sprake, en volle besonderhede is soos volg:
E-SPORT:
Daar is drie beskikbare toernooie wat aanlyn gaan plaasvind.
Counter-Strike: Global Offensive (1v1 wedstryde op rekenaars)
- Datums: 10-11 April 2021
- 10vm to 4nm daagliks
FIFA21 (1v1 wedstryde op PS4 platform)
- Datums: 17-18 April 2021
- 10vm to 4nm daagliks
League of Legends (5v5 span wedstryde op rekenaars)
- Datums: 10,11,17,18 April 2021
- Volle dag beskikbaarheid word vereis
E-Sport aanlyn inskrywingsvorm: https://forms.office.com/r/pxuzq0Dkn2
SKAAK:
Hierdie toernooi gaan aanlyn in spanverband in 'n blits-formaat gespeel word (5 minute per kant met 3 addisionele sekondes per skuif). Elke span sal uit vier lede bestaan, en spelers het die opsie om volle spanne in te skryf, of om in 'n span geplaas te word indien hulle as individu sou inskryf.
Naweek 1: 10-11 April 2021 – Voorlopige 7-Rondte Swiss Toernooi
Naweek 2: 17-18 April 2021 – Finale Toernooi in Uitklopformaat vir Top Spanne
Sekere wedstryde sal ook aanlyn uitgesaai word.
Skaak aanlyn inskrywingsvorm: https://forms.office.com/r/FRgPdaLe6X