Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Geestesgesondheidmaand webinaar-reeks
Begin: 01/10/2020, 09:00
Einde: 27/10/2020, 12:00
Kontak:elmarievdw@sun.ac.za -
Plek: Microsoft Teams

​Bladsy inhoud: Gedurende Oktober, sal die EPO verskeie aanlyn-gesprekke aanbied waartydens gefokus word op geestesgesondheid. Die gesprekke sal gefassiliteer word deur US personeel wat spesialiseer in psigiatrie, sielkunde sowel as seksualiteit. Van die temas wat bespreek sal word, sluit in nagraadse ondersteuning, geslag/gender en hoe dit gereflekteer word in populêre musiek, praktiese selfsorg, en die herbedinking van veerkragtigheid in die tyd van COVID-19.​


Tema 1: Nagraadse ondersteuningsgroep (Meesters en PhD) Sessie 1 met US Voorligtingsielkundige, Nordlind Fouche

Beskrywing: Om tyd te maak vir refleksie is essensieël vir lang-termyn sukses. Hierdie kort terapeutiese groep proses is gerig op die ondersteuning van nagraadse (Meesters en PhD) studente.

Datum: 7 Oktober 2020

Tyd: 1nm - 2nm


Tema 2: Herbedink veerkragtigheid in die era van CODIV-19 met Prof Renata Schoeman, praktiserende psigiater sowel as Hoof van die MBA-leierskapporgram in Gesondheidsorg by USB

Beskrywing:  Veerkragtigheid word gesien as die vermoë om aan te pas na moeilike en uitdagende gebeure, met die behoud positiewe geestesgesondheid.

Datum: 12 Oktober 2020

Tyd: 1nm – 2nm


Tema 3: Nagraadse ondersteuningsgroep (Meesters en PhD) Sessie 2 met US Voorligtingsielkundige, Nordlind Fouche

Beskrywing: Hierdie sessie is 'n opvolg van die groep wat plaasvind op 7 Oktober. Die sessie sal voortgaan om temas te ondersoek, wat geidentifiseer is in die eerste sessie.

Datum: 7 Oktober 2020

Tyd: 1nm - 2nm


Tema 4: Interaktiewe gesprek met SSVO praktisyns: Kom en reflekteer saam met ons oor praktiese selfsorg met Liani Joubert, Elmien Sinclair, Elmarie Kruger, Deviné Kamalie

Beskrywing: Vier paneellede van die SSVO fasiliteer hierdie bespreking wat gemik is daarop om deelnemers te help om praktiese sin te maak van selfsorg en hoe om dit toe te pas op hulle eie welwees binne die konteks van student-wees aan die US.

Datum: 19 Oktober 2020

Tyd: 4nm – 5nm


Tema 5: Geslag en hoe dit gereflekteer word in populêre musiek met Kaylon Weppelman, Eenheid vir Gelykwaardigheid Program Koordineerder: HIV en Seksualiteit

Beskrywing: Die sessie ondersoek hoe musiek en lirieke ons persepsies en gedrag beinvloed. Die bespreking sal fokus op hoe geslag/gender en seksualiteit uitgebeeld word in populêre musiek en hoe dit op sy beurt ons persepsies in die samelewing beinvloed.

Datum: 26 Oktober 2020

Tyd: 4nm – 5nm​