Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Tussengenerasiegesprek oor Rasisme en Menseregte
Begin: 18/03/2020, 18:00
Einde: 18/03/2020, 20:00
Kontak:Natasha Coltman - 021 808 3691
Plek: Stellenbosch University Museum

​Ter viering van Menseregtemaand sal die Universiteit Stellenbosch Museum in vennootskap met die Stellenbosch Teen Rassisme-veldtog gasheer wees van 'n:

TUSSENGENERASIEGESPREK OOR RASISME EN MENSEREGTE.

PANEELLEDE

Dr Sinenhlanhla S. Chisale is 'n postdoktorale genoot in die Gendereenheid by die Fakulteit Teologie. Sy het 'n Doktoraat in Praktiese Teologie (UNISA); 'n Meestersgraad in Teologie en Ontwikkeling (UKZN); en 'n Meestersgraad in Sosiologie (cum laude) (UNISA). Sy is 'n geordende predikant van die Evangelies‑Lutherse Kerk in Suider-Afrika (ELCSA). Haar navorsingsfokus is op praktiese teologie, dekolonisering, beliggaamde teologieë, gender, identiteit en klas. Sy het meer as 20 tydskrifartikels in die korpus van die International Bibliography of the Social Sciences (IBSS), sowel as boekhoofstukke gepubliseer.

 

Fanelesibonge Ndebele – Fanele is 'n LLB-student aan die Universiteit Stellenbosch en kom van die dorp Ladysmith in KwaZulu-Natal. Hy was voorheen ondervoorsitter van die Juridiese Vereniging, 'n verteenwoordiger in die Akademiese Belangeraad, en 'n lid van die fakulteitsraad sowel as die komitee vir leer en onderrig van die Fakulteit Regsgeleerdheid. Daarbenewens was hy medefasiliteerder van die Frederik Van Zyl Slabbert-kortkursus oor leierskap in die regte en het hy as sameroeper vir die amaMaties-kluster opgetree.

Datum: 18 Maart 2020

Tyd: 18:00

Plek: Universiteit Stellenbosch Museum (Sasol Kunsmuseum)

          Ryneveldstraat 52, Stellenbosch

RSVP: Natasha Coltman by ncoltman@sun.ac.za of 021 808 3691

Verversings en wyn sal ná die gesprek bedien word.