Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Eugene Marais se Siel van die Mier: voorloper van moderne masjienleer
Begin: 09/03/2020, 18:30
Einde: 09/03/2020, 19:30
Kontak:Wiida Fourie-Basson - 021 808 2684
Plek: Die Plataan, Woordfees

In die voorwoord tot die 1934-uitgawe van Die Siel van die Mier verduidelik Marais dat die boek nie 'n beskrywing van al die inheemse termietsoorte in Suid-Afrika is nie, maar eerder die uiteensetting van 'n teorie gebaseer op die sielkunde van die termiete en spesifiek “die organiese eenheid van die termietnes". Met die eerste wetenskapskafee by Woordfees 202, verduidelik Prof. Andries Engelbrecht aan Jannie Hofmeyr hoe Marais se insigte die voorloper was van swermintelligensie en swerm robotika. 

Science Café Stellenbosch is ʼn inisiatief van die US se Fakulteit Natuurwetenskappe om gesprekke oor wetenskaplike kwessies aan te moedig, in ʼn taal wat almal kan verstaan. Bly op hoogte van toekomstige praatjies via ons Facebook blad, of stuur 'n epos aan sciencecafe@sun.ac.za om op ons verspreidingslys te kom.

Image: Termites in Australia - By Craig Kirkwood - https://www.flickr.com/photos/fearless_craig/3997312896/in/photolist
CC BY-SA 2.0, https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=56825098