SOL Auxin Sessie
Aangebied deur: Dr Maricel Krügel (Dept Voedselwetenskap)
28 April 2020, 12:45 – 13:45
MS Teams
Titel van Aanbieding: Aanlyn onderrig en die
ontwerp daarvan
Kort Biografie van
aanbieder: Maricel is ‘n dosent in die US Departement Voedselwetenskap.
Sy doseer en doen navorsing oor die ontwikkeling van nuwe kosprodukte. Sy
het gewerk by die Universiteit van die Wes-Kaap en by die Cape Peninsula
University of Technology voor sy teruggekom het na die Universiteit Stellenbosch
en die department waar sy haar Ph D verwerf het. Maricel stel belang in
verskeie aspekte van leer en onderrig en is deel van die 2020 klas in die US Kortkursus
oor die Akademieskap van Opvoedkundige Leierskap (“SoEL”).
Opsomming (“Blurb”): Skielik moet ons
almal ons onderrig ontwerp vir aanlyn leer tydens nasionale inperking. Dit kan ‘n uitdaging wees, veral as jy in ag
neem dat studente op verskillende maniere leer.
Ons probeer om ‘n aangename aanlyn ondervinding vir ons studente te bied
sodat hulle betrokke raak en deelneem, sonder dat ons daar is in die klas soos
gewoonlik, saam met hulle. Heelwat vrae
duik op: Hoe verseker ons konstruktiewe belyning (constructive alignment),
noudat ons anders moet dink oor die uitkomste en die assessering daarvan? Watter
aanlyn aktiwiteite kan ons kies, en hoeveel, sodat studente nie oorweldig word
nie, en sodat dit steeds interessant is en binne die leer-ure inpas?
Artikels: Laurillard, D. (2008). The teacher as action researcher: using technology to capture pedagogic form. Studies in Higher Education, 33, 139–154. https://srhe.tandfonline.com/doi/pdf/10.1080/03075070801915908?needAccess=true
Laurillard, D., Kennedy, E., Charlton, P., Wild, J. & Dimakopoulos, D. (2018). Using technology to develop teachers as designers of TEL: Evaluating the learning designer. British Journal of Educational Technology, 49, 1044-1058.
https://onlinelibrary.wiley.com/doi/pdf/10.1111/bjet.12697
Vir meer inligting en vir RSVP kontak gerus Juanita Layman
021 808 3717
Indien u nie meer die AUXIN kan bywoon nie, versoek ons dat u asseblief u registrasie ten minste 24 uur voor die tyd kanselleer, deur Me Layman te kontak (kontakbesonderhede hierbo). Daar is sekere kostes verbonde aan elke AUXIN vir SOL, en die versoek is om finansiële implikasies te minimaal te hou.
Na afloop van die sessie sal die potgooi beskikbaar wees op SOL se webtuiste:
www.sun.ac.za/ctl