Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Wêreld Geestesgesondheid-dag
Begin: 10/10/2019, 12:00
Einde: 10/10/2019, 20:00
Kontak:Centre for Student Counselling and Development - (021) 808 4707
Plek: Rooiplein, Pulp Cinema & Van der Sterr

​Op Donderdag, 10 Oktober 2019 vier ons Wêreld Geestesgesondheid-dag en ons het 'n opwindende program vir die dag:


⏰ 12:00-14:00
📍 Rooiplein

Besoek ons Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling en hul vennote om meer uit te vind oor die beskikbare dienste wat jy kan raadpleeg. Jy kan ook 'n komplimentêre hand-massering kry om bietjie van die stres ontslae te raak.


⏰ 13:00-14:00
📍 Pulp Cinema, Neelsie

Wenzile Madonsela Msimanga, HUB van Princess
Chronicles, deel haar storie oor geestesgesondheid en universiteitstudente. Maties Gimnasium gaan ook 'n paar waardevolle wenke denke deel oor die positiewe impak van oefening op geestesgesondheid.


⏰ 18:30
📍 Van der Sterr 1026

Sluit aan by 'n interessante gesprek waar Akohna Rozani haar ervaring deel met geestesgesondheid en dwelmmisbruik en Bianca van Breda praat oor haar ervaring met eetversteurings. Die gasspreker is Gavin Fortuin van Cady Youth Organisation.


📌 Onthou: jy hoef nooit skaam te wees om vir hulp te vra nie. In die mees ekstreme gevalle kan dit 'n lewe red. Wanneer jy sukkel, praat met vriende, familie of iemand anders wat sal luister. Jy is ook welkom om ons Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling by Victoriastraat 37 of ons te kontak by (021) 808 4707. Ons 24-uur Nooddiens, in samewerking met ER24, is beskikbaar by 010 205 3032.