Kontak:Reginald Kgwedi
- 021 808 3212
Plek: LaunchLab, Hammanshandstraat / Rd
Uber, Zindi en Vervoerekonomie aan die Universiteit Stellenbosch, in assosiasie met SANRAL, nooi jou om deel te neem aan 'n masjienleer-hackathon.
Uber, Zindi en die Universiteit Stellenbosch wil graag 100 datawetenskaplikes bymekaar bring om SANRAL te help om 'n masjienleermodel te ontwikkel wat voorspel wanneer en waar in die Wes-Kaap motor- en voetgangerongelukke bes moontlik gaan plaasvind.
WIE?
Datawetenskaplikes of aspirant-datawetenskaplikes. Enigiemand wat in die bou van masjienleermodelle belang stel. Dit sal help indien jy iets weet van R of Python. Inskrywings word tot die eerste 100 datawetenskaplikes beperk.
Bring jou skootrekenaar! Wen kontantpryse!
Wanneer: Saterdag, 12 Oktober @ 09:00-18:00
Waar: LaunchLab, Hammanshandstraat, Stellenbosch
Vervoer: Vir studente en datawetenskaplikes van Kaapstad sal daar 'n bus beskikbaar gestel word vanaf die Universiteit van Kaapstad na die Launch Lab. Vertrektyd: 7:30, retoer: 17:30.
Registreer: Voltooi die Google-vorm: https://forms.gle/vUm8jkosJSLYEtXP9
Kontak: Vir verdere inligting, kliek hier of stuur 'n e-pos aan zindi@zindi.africa.